Verlede maand
Motjie bly yskoud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is nou al langer as ’n jaar van bed en tafel geskei.

As ek moet eerlik wees, is dit seker die beste ding wat kon gebeur het.

Die geld is tans nie daar om te skei nie en soos wat Antie weet, gaan ’n mens mos maar baie skuld in die huwelik aan.

Ons woon dus nog in dieselfde huis, maar in verskillende kamers. Daar word net die uiterste minimum met mekaar gepraat.

Ek het alles probeer om my huwelik te red, maar daar was eenvoudig geen begeerte van my vrou se kant af om my halfway te kry nie. Dit was ál die jare maar nog haar way of die highway en ek het eenvoudig net gatvol geraak.

Antie, as daar een ding is wat die lewe met Covid my kom leer het, is dat alles in ’n oogwink weg kan wees.

Dis tóé dat ek besluit het ek en my happiness is ook belangrik en dat ek eenvoudig net nie meer my kant kan bring in ’n huwelik waar ek net gee en sy net ontvang nie.

Dit blyk ek is net een groot irritasie vir haar. Ál haar energie gaan in haar werk in en wanneer sy tuiskom, is dit die een lang gaap ná die ander.

Daar is nie tyd vir my of die kinders nie. Ons word net raakgesien as sy wil afpak oor haar werk en kollegas wat haar die dag geïrriteer het.

Verder aan moet ons maar in ons baan bly. Antie moet sien hoe sy oor die jare kwaad geraak het as ek seks wil hê. So asof ek kom klop by ’n lekkergoedwinkel wat al gesluit is.

Ek het oor die jare aanhou probeer dinge maklik maak. Haar moegheid het ek probeer oplos deur my eie moegheid agteruit te skuif deur huis skoon te maak en aandetes te berei.

Ek het ook vir ons romantiese wegbreek-naweke gereël.

Maar weet Antie wat? Dan snork sy die aand nog voor die kinders.

Ek het oor die jare besef my vrou is ’n koue, calculating vrou wat dinge net haar way wil doen.

Seks het oor die jare verdwyn en gekwyn tot presies een keer ’n week. Elke lustelose seks-sessie geskied presies ’n week uit mekaar.

As ek seks die Sondag gekry het, sal ek presies die volgende Sondag weer seks kry waar sy maar net soos ’n standbeeld lê, wag vir my om klaar te maak, agterna badkamer toe gaan en dan kom snork.

So, toe besluit ek om ook maar koud te raak in dié flop-huwelik.

As ek lus raak, gebruik ek maar my hand, wat anyway meer entoesiasties is as wat my vrou ooit kan droom om te wees. Dié huwelik bestaan net in naam, maar ek sal nie rondmors nie, want ek dink aan my kinders.

Ek is nie spyt dat hulle hier is nie, maar jammer dat hulle vasgevang moet wees in dié gemors.

So, ek sal maar hier bly totdat hierdie koue vrou die aarde verlaat. – Gatvol, E-pos

Antie kan nie anders as om die seer en teleurstelling in jou woorde raak te lees nie.

En watter stryd moet dit nie vir jou wees om in ’n koue, liefdelose huwelik te bly nie.

Antie verstaan dat jy hierdeur probeer om die kinders te beskerm teen die seer wat ’n egskeiding kan veroorsaak.

Maar moet vir geen oomblik dink dat jul kinders nie bewus is van die massive krake in jul huwelik nie. Moet vir geen oomblik dink dat die kinders nie die kilheid en koudheid tussen hul ouers kan agterkom en weet daar is moewiese probleme as hul mommy en daddy so lank al nie meer ’n bed en slaapkamer deel nie.

Jy sal altyd hoor van mans wat jol en nie ’n goeie vrou waardeer nie, maar ’n kant wat minder gereeld geopenbaar word, is die van die man met sy rug teen die muur in sy huwelik.

Antie weet nie wat in jou vrou se lewe verkeerd geloop het dat sy só uitgedraai het nie.

Ek weet nie of sy so laks geword het dat sy eenvoudig net alles as vanselfsprekend aanvaar het nie.

Ek kan net hoop jou brief is ’n eye-opener vir couples daar buite om nie dieselfde paadjie in hul huwelik te stap nie.

Die liefdesvlam is iets wat slegs kan aanhou brand as albei partye committed en lief vir mekaar bly.

Romance kan nie wil verdwyn as daar die dag ’n trouring aan die vinger pronk en kinders, werk en skuld ook hul aandag soek nie.

Die dag dat couples mekaar begin afskeep, is die dag dat die deur oopgemaak word vir problems.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters