Verlede maand
Moeilik om ring te kry as jy saambly
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET in 2016 ’n one-night stand met my kind se pa gehad.

Hy werk by ’n groot maatskappy en ons ken mekaar al van skooldae af, maar hy het nooit gevoelens vir my gehad nie.

Sy ma het gestry dat dit nie sy kind is nie – totdat ons vir bloedtoetse gegaan het.

Die toetse het gewys dat dit 99,99% sy kind is.

Hy weier om ’n sent vir sy kind te gee. Ek het hom al ’n paar keer by die hof aangegee, dan daag die hond nie eens op nie.

Al sy mense is oor die kind, maar hy weier om die kind te aanvaar.

Toe die toetse uitkom, toe gaan trou hy skielik.

Selfs sy vrou aanvaar die kind, maar hy wil niks met ons kind te doen hê nie. – L van S, Whats­App

Wat ’n ruggraat­lose papperd van ’n halwe man!

Julle is van ’n klein dorpie en almal sal weet dat daar van hom gepraat word. Dit is duidelik dat hy sonder ’n vel oor sy gesig die wêreld ingekom het.

En dan het sy ma hom ook nog aanvanklik in sy verkeerdheid bygestaan – so asof sy by was die aand toe julle seks gehad het.

Wat hy doen, is ’n groot, groot sonde waarvoor hy eendag hard gestraf gaan word.

Sy rekenskap sal ’n baie swaar affêre wees. Hy sal in sy hande huil en op sy knieë loop.

Antie kan mos bloedig kwaad raak vir sulke sleg etters.

Wat net so erg is, is die hof se slapgatgeid om hierdie ding vas te vat.

Hy minag die hof deur nie op te daag vir verskynings nie, maar daar is nie consequences nie?

Alles dui daarop dat hy die pa van jou kind is. Al wat die hof moet doen, is om vas te stel hoeveel onderhoud hy moet betaal.

Hy wil dalk niks met jul kind te doen hê nie, maar hy sal sy wettige finansiële responsibilities teenoor die kind moet nakom.

Gaan weer na jou naaste hof se maintenance-afdeling en vra vir ’n vergadering waar die magistraat wat jul case behartig, ook teenwoordig kan wees.

Hulle moet redes aan jou verskaf oor hoekom daai luisgat so met sy dinge kan wegkom.

Hierdie amptenare skuld jou nie ’n guns nie, hulle moet hul werk doen deur in die beste belang van die kind op te tree.

Iewers doen iemand nie hul werk nie. Jy moet uitvind waar die oponthoud lê sodat daai betrokke persoon aangespreek en van jou saak ver­wyder kan word.

Daar kan maklik iemand involved wees wat die pa ken en as gevolg daarvan die saak laat sloer.

Moenie jou laat onderkry nie. Veg vir wat jou kind toekom.

Ongeregtigheid seëvier nooit. Moenie dat hy met sy sleggat-pamaniere wegkom nie.

As jy vashaak, kontak Antie weer. Dalk is dit tyd om die dinge in die openbaar en in koerante uit te lig.

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend is al drie jaar saam en baie gelukkig.

Hy het sy eie huis, waar hy en sy een dogter bly. Ek en my twee kinders bly in ’n wendy by my ma.

Ek is te skaam en trots om te vra of ek dan nie by hom kan intrek nie. Hoe pak ek die storie aan? – Skaam Meisie, WhatsApp

Dit gaan nie net oor by mekaar intrek nie, liefie, dit gaan ook oor waar sy trouplanne dan is.

Vra hom ’n bietjie wat sy planne met jou is. As julle eers saambly, gaan julle nie sommer maklik aan die trou kom nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters