Verlede maand
Meisie wil cute getroude ou opvreet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DAAR is hierdie outjie wat ek smaak, maar hy is getroud.

Antie, hy is cute verby en ek wil hom net opvreet.

Is dit verkeerd van my?

Ek verdien ook mos ’n bietjie geluk.

Al die ander mans in my lewe was net losers, maar hierdie een maak my knieë lam. – Verlief, Whats­App

As jou knieë lam raak, sal jy dit maybe deur ’n dokter moet laat uitcheck. Dalk skort daar iets met daai knieë van jou.

Net soos daar iets skort met die gedagte van dolverlief wees op ’n getroude man. Laat ’n single man ’n slag jou knieë laat lol.

Moenie onnodige problems vir jouself skep nie. Of vir dié man in sy huwelik nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters