Verlede maand
Meisie smoorverlief op ou van social media
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n outjie in die Kaap in die social media ontmoet. Hy het gesê hy is dolverlief op my.

Dit gaan nou al vir twee, drie weke so aan en ek begin ook nou smoorverlief raak op hom.

Ek weet nie of hy dit bedoel nie, maar is dit ’n goeie idee om hom ’n kans te gee? Is dit ook ’n goeie idee om hom te gaan ontmoet?

Gee my raad, asseblief, Antie. Verliefde Meisie

Hierdie is ’n outjie wat jy van g’n kant af ken nie.

Social media is nie ’n barometer om te bepaal of hierdie iemand is wat jy kan trust nie.

En verder: Wie sê vir jou jy is nie maar net een van vele “verliefde meisies” met wie hy sy luck so in die social media try nie?

Liefie, die Kaapse outjies is baie glad met die tong.

In Woodstock is daar byvoorbeeld tikkoppe wat bedel met Amerikaanse aksente om mense te flous.

Antie sê nie hy is ’n tikkop nie, maar daar’s altyd ’n moontlikheid dat hy daarop uit is om jou te flous.

So, as jy op skool nie gelikes het van huiswerk doen nie, sal jy dit nou moet doen.

Maak doodseker wie en wat hierdie ou is, dat jy sy persoonlike besonderhede ken en weet waar hy bly.

Search sommer ook so deur die social­ media om seker te maak hierdie ou is nie getroud of het iemand in sy lewe nie.

Só dolverlief kan ’n mens darem mos ook nie in twee weke raak nie. Check, check en nogmaals check hom uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters