26 dae gelede
Meisie se ou bok sien nog sy eksvrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 23 haar oud en gaan uit met ’n 40-jarige man. Hy het drie kinders, maar sien nog steeds sy eksvrou.

Antie, ek weet nie wat om te doen nie.

Hy is ’n baie nice persoon en koop altyd alles wat ek wil hê.

Ek weet nie of ek lief vir hom moet wees of hom moet haat nie. – Deurmekaar Meisie, Whatsapp

Liefie, besef jy dat hierdie man jou basies omkoop met geskenkies?

Is hy nice omdat jy alles kry wat jy vra? In die meantime kuier hy nog net so lekker by sy eks ook.

Watter toekoms sien jy met ’n man wat 17 jaar ouer as jy is?

Wil jy jou lewe afskop met ’n ready-made familie waar jy huis moet hou met ’n ander vrou se kinders?

In die lewe is daar meer appreciation vir die dinge waarvoor ons moet werk.

Werk vir die goed wat jy wil hê. Moenie op ’n man staatmaak om dit vir jou te doen nie.

Hierdie man het jou nou so om sy pinkie gedraai dat dit nie eens funny is nie.

Hy weet jy is so gewoond aan die goed wat hy vir jou koop dat jy hom nie sommer sal los nie – maak nie saak wie hy nog langs die side sien nie.

Los die ouballies uit en begin self skouer aan die wiel sit vir die dinge wat jy in die lewe wil hê.

Meisa, jy weet ook natuurlik wat word diegene genoem wat teen “betaling” available is, nè?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters