2 maande gelede
Meisie jak my af ná sy my in girl se arms vang
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS V en bly in H en wil graag hoor wat maak ’n mens met ’n man wat net doen en maak soos hy wil.

Hy doen net wat in sy kop aangaan en ek is party dae so moedeloos, Antie.

Ek is ’n baie private mens wat nie met my issues op straat rondloop nie. Ek werk tans nie weens Covid, maar my man het ’n baie goeie werk.

Hy sorg goed vir die huis, maar as ek hom vra om iets aan die huis te doen, is hy nie daarvoor te vinde nie.

Ek voel baie kere om te waai, maar dan wonder ek: Waarheen gaan ek met die kinders?

Ek was gewoond aan werk en dié ding van so sonder werk sit, krap ook aan my.

Antie, ek vra elke dag vir die Here waar ek verkeerd gegaan het dat ek nou so sonder werk sit, want my kinders is dan nog so klein.

Hoe gemaak met ’n man waar sy vriende eerste kom? – V van H, WhatsApp

Liefie, om werkloos te wees is beslis nie ’n lekker gevoel nie.

Veral as die kinders nog so klein is, kan dit ’n mens magteloos en selfs waardeloos laat voel.

Covid het regtig al ons lewens deurmekaar kom krap. Hierdie is uiters moeilike tye waarin ons lewe, want werk is skaars, kos is duur en Antie het nie eens krag om oor die duur kragpryse te praat nie.

Dit voel asof ons almal getorpedo word deur die een golf ná die ander van obstacles.

Moet egter nie moeg raak van jou CV’s in te gooi by plekke nie. Dit mag dalk langer vat as wat jy wil hê dit moet, maar dinge kan nie vir altyd sleg gaan nie. Dinge sal eventually vir jou beter raak.

Wat dinge met hubster betref, is dit belangrik dat julle moet praat oor die dinge wat kwel.

Kommunikasie is een van die beste tools vir ’n huwelik.

Dinge gaan uiters moeilik tans met net een inkomste wat jul huishouding aan die gang hou.

Dus is daar nie die tyd en geld om vriende te entertain nie.

Praat met jou man hieroor, laat hom weet hoe jy op die oomblik voel en Antie glo dat julle iets sal uitwerk waar jul huwelik, familie en huishouding bo enige vriende gestel sal word.

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 32-jarige man, B, van die Elsies.

Ek en my meisie, A, was vir twee jaar saam. Ons het ’n pragtige dogtertjie.

Antie, die ding is ons is lief vir mekaar, maar onlangs het sy my gevang in iemand anders se arms.

Dit het haar hart gebreek en sy is stukkend.

Antie, ons was albei dronk en toe het ek gegaan na iemand anders se huis en daar het ek die girl ontmoet en ons het begin soen. Dis toe dat my meisie ons betrap.

Ek is baie lief vir haar en wil haar nie verloor nie. En sy is die ma van my kind en ek wil met haar trou.

Ek weet ek het ’n fout gemaak om haar te verneuk, maar ek het ook telkemale vir haar sorry gesê. Ek weet dit maak nie alles reg nie en ek het haar vergifnis gevra.

Maar sy weier om my te sien en sê dat ek net my kind vir ’n paar ure mag sien.

Antie, ek weet ek het haar seergemaak, maar dis nie reg om my kind weg te hou van my af nie.

Sy het ook vir my gesê sy sien iemand anders en dis ’n ou ding tussen hulle. Ek weet nie of dit is om my by te kom en seer te maak nie.

Antie, ek is lief vir haar en wil haar nie verloor nie. Gee my raad, asseblief. – A van die Elsies, e-pos

Antie kry die vermoede sy doen al hierdie dinge om jou seer te maak, om jou te laat voel die way soos sy gevoel het toe sy julle in mekaar se arms betrap het.

Hoe seergemaak sy ook tans mag voel, is dit egter steeds nie ’n rede om jou te verhoed om jul kind te sien nie.

As dinge nie in hierdie verband verbeter nie, sal jy jou tot die kinderhof moet wend om redelike toegang tot jou kind te hê.

Soos vroeër genoem, is dié vrou diep seergemaak met wat jy aan haar gedoen het.

Dié seer wat sy ervaar, is iets wat nie oornag gaan verdwyn nie. Dit gaan tyd vat. So ook gaan dit tyd vat vir haar om jou te vergewe.

Gee haar die ruimte om deur dié warboel van emosies te werk.

Moenie enige druk op haar sit nie en respekteer die besluit wat sy rakende jul twee se verhouding sal neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters