Verlede maand
Matriekseun glo mans gee hom vigs
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in matriek en gaan uit met ’n meisie wat ook in matriek is.

Antie, ek het gedurende ons verhouding seks met ander mans gehad.

Die moontlikheid bestaan nou dat een van hierdie mans my met die Groot Griep besmet het.

Hoe hanteer ek dit? Hoe sê ek dit vir haar? J van CCK, WhatsApp

Dis glad nie fair en reg om te cheat op iemand met wie jy veronderstel is om in ’n verhouding te wees nie. Maak nie saak of dit met mans of vroue is nie.

Roekelose onbeskermde seks lei tot die onsekere situasie waarin jy jouself tans bevind.

Wat jy eerste moet doen, is om sekerheid oor jou status te kry.

Dis uiters, úiters belangrik dat jy so gou moontlik by jou kliniek uitkom en ’n MIV/vigs-toets laat doen.

Hierdie is nie nou die tyd vir vermoedens nie, maar om seker te maak van jou saak.

Jou en ander se gesondheid hang hiervan af.

Jy wil immers nie boonop met hierdie onsekerheid jou matriekeindeksamen aandurf nie.

Vir jou onthalwe hoop Antie dat hierdie net ’n vals alarm is. Dat hierdie dan ’n wake-up call vir jou sal wees sodat jy kan ophou om so met jou eie en ander se gesondheid te speel.

Indien jou toets negatief is, stel Antie voor dat jy hierdie meisie let go.

Sy verdien nie om in so ’n Russian Roulette-verhouding te wees waar jy haar lewe en toekoms onherroeplik kan verander nie.

En as jy positief is, sal jy haar in kennis moet stel, want as julle seksueel aktief was, is daar ’n moontlikheid dat jy haar aangesteek het.

Onthou, dit is ’n criminal offence om te weet wat jou MIV-status is en dit nie aan jou partner bekend te maak nie.

Haar lewe kan ook op sy kop gekeer word as jou toets positief terugkom.

Hou op om so roekeloos deur die lewe te gaan.

Soos jy nou self sien, gaan die lewe oor baie meer as die spykers wat jy so het. As jy dan so wil seks eerder as om aan jou toekomsplanne te werk, behoort jy die nodige voorsorg te tref. Antie het nou al geleer dit baat nie daar word vir sommige jong mense gesê om weg te bly van grootmens goeters nie.

Daar is jonges wat astrant hul eie kop gaan volg en dan is die gevolge situasies soos dié waarin jy jou nou bevind.

Gaan vind uit by jou kliniek wat klap vir wat, sodat jy ook op die nodige medikasie geplaas kan word om jou gesondheid te verbeter.

Antie hou duim vas dat hierdie net ’n vals alarm is – veral ter wille van daai arme meisie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters