Liewe Antie Mona
EK LEES nou die brief van die 20-jarige meisie wat liefde en ’n kind wil hê.
Wat gaan deesdae met ons kinders aan?
Hulle
het nog hul hele lewe voor hulle en gebruik dit nie om uit die
omstandighede te kom waarin hulle net ’n statistiek is nie.
Sy soek liefde en sy gaan dit kry met ’n baba wat sy alleen gaan grootmaak, want die pa het seep gaan koop!
Ek
wil net vir haar sê die manne vandag wil net met die padda speel en die
padda voer, maar sodra die padda se magie opswel, dan gly hy lang glye
en sê dis nie sy kind nie, want jy het ander ouens ook gehad.
Hy
maak jou dan sleg en stap daar weg wetend dat dit sy kind is. Daar is
manne, en ek is een van hulle, wat nie ’n vrou entertain as ek uitvind
sy het kinders van ’n man wat nie tyd het vir sy kinders nie.
Meisie, daai kind van ’n ander man gaan vir altyd moeilikheid in jou lewe met ’n ander man veroorsaak!
Jy
gaan altyd hoor dis nie sy kind nie. Hy gaan mooi speel net om jou
padda te voer en aan te hou om dit te doen. Sodra julle getroud is en hy
kan nou maak en breek en steeds daai padda voer – daai is die tyd
wanneer hy jou gaan vertel dis nie sy kind nie.
So, meisie, laat
jou vriende aangaan met hul lewe. Hul boyfriends spat ook sommer gou en
los hulle soos ’n sak patats met daai kinders en betaal nie ’n sent
papgeld nie.
So, ek sê – gaan verken die wêreld, ontmoet ryk
manne daar buite en voer ’n lekker lewe. Die willie-werker-paddavoerders
is niks werd nie en is jou aandag nie werd nie. – Leser, WhatsApp
Daar is darem baie paddas in jou brief. Antie dink hierdie meisie soek meer liefde as wat sy ’n babatjie soek.
Daar steek egter baie waarheid in jou siening – dis dit nie werd om te gaan soek vir goed wat jou op die long run ’n complicated lewe gaan gee nie.