Verlede maand
Man wil skei, maar vrou steek nie uit by hof
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL weet of ’n mens kan skei as jou partner nie opdaag vir hof nie.

Ek sukkel nou al agt jaar om te skei. Nou het ek haar adres gekry. Ek het ál die vorms ingevul en wil aangaan met my lewe.

Wat staan my nou te doen? – Raadop, WhatsApp

Antie kan nie sien hoekom jou lewe vir nóg agt jaar moet stilstaan nie.

Jy het nou haar adres, so, gaan terug na die hof waar jou skeisaak lê en gee dit aan die beampte wat met jou case werk.

’n Divorce summons kan nou aan haar gestuur word om die bal aan die rol te sit. Hopelik geskied alles dan vinniger vir jou. Sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters