21 dae gelede
Man treat my soos ’n queen, maar lieg oor age
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET drie jaar gelede ’n mansmens by die werk ontmoet.

Ons sien mekaar nou vir die afgelope twee jaar.

Ek bly in M en hy in K. Ons sien mekaar elke drie weke.

Hy kom dan na my toe. Hy sê sy vrou is oorlede en hy het nooit met ander vroue geworry nie totdat ons ontmoet het.

Antie, wat my pla, is dat hy sê hy is lief vir my, maar stuur net ál oor drie dae ’n WhatsApp.

Hy bel my nooit nie. Hy vat my na die duurste hotelle toe as ons saam is en is dan ’n ware gentleman wat die kar se deur vir my oopmaak en als doen wat ek vra.

Hy is veel ouer as ek en sê hy is 41, maar enige mens kan sien hy is ouer as dit.

Ek weet hy bly in K, maar weet glad nie waar in K hy bly nie.

Ons gaan elke keer Ceres toe as ons saam is.

Dink Antie ek is besig om my tyd met hom te mors? – Vol Vrae, WhatsApp

En jy het die absolute reg om vol vrae te wees, want Antie dink nie hierdie man is eerlik met jou nie.

Antie dink hy is oor baie meer dinge oneerlik as net sy ouderdom.

Liefie, jy sien hierdie man al vir twee jaar, maar eintlik weet jy nie veel van hom nie.

In hierdie lewe moet jy vrae vra, anders kry jy nie antwoorde nie.

Een van die eerste vrae wat jy hom moet vra, is hoekom julle nooit na sy plek toe gaan nie.

Hoekom moet hy geld op expensive verblyf spend as julle net na sy huis toe kan gaan?

En dan vra jy hom uit oor sy vrou se dood. Sê hom daar is baie mans in hierdie lewe wat vroue bedrieg en jy wil net seker maak jy is nie een van daai vroue nie.

Laat hy jou sy vrou se doodsertifikaat wys.

Antie kan jou nou al sê hoe hy gaan lieg: Hy gaan nie teen die karre skop nie en aanbied om dit next time vir jou te wys.

Maar dan volg die een ná die ander verskoning, want hy kry dit kamma-likes nie meer nie.

Kom laat ons nie meer rondom die bos van vrae hardloop nie. Hierdie man se vrou is so spring­lewendig soos môre heeldag.

Ek weet nie watter verskoning hy elke derde week maak om jou te kan sien nie, maar sy vrou is alive and kicking en weet nie van julle dinge nie.

Hy koop jou om met geskenke en duur hotelle vir you-know-what.

Dit is tyd dat jy jou nie meer verder vir ’n you-know-what laat vat nie.

Hierdie is vermoedens wat jy lankal koester, maar nooit wou confront nie.

Jy weet wat om te doen as jy finally die vrae op ál jou antwoorde wil hê.

Hou op om jouself verder in die donker te hou.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters