Verlede maand
Man timmer my omdat kollega my net groet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ek is al nege jaar en nege maande getroud.

In my huwelik het ek twee pragtige dogtertjies van vier en nege jaar oud.

Antie, my man verdink my van iemand by my werk hê en dit is nie die eerste keer dat hy dit doen nie.

Die vorige keer het hy my ook verdink van jol met ’n kollega net omdat hy (die kollega) my gegroet het.

Hy het my omtrént geslaan dat ek gedink het daai aand ek gaan my kinders nooit weer sien nie.

Antie, wat my so seermaak, is dat hy in ons huwelik met ’n vrou gejol het.

Dit het my gebreek, maar nog steeds het ek by hom gebly totdat sy bakleiery met my ’n hobby geraak het. Hy het gesien ek doen vir jare niks as hy my so afkraak en slaan nie.

Wel, Antie, ek het opgestaan en ’n interdik teen hom gekry.

Ons het voorgekom in die hof en toe ons daar uitkom, besluit hy om vir my in die straat te sê hy sien nie meer kans vir die huwelik nie.

Ek het hom gesê dis reg, ek respekteer sy besluit.

Toe ek van die werk af kom, is sy tasse gepak, maar hy is nog steeds by ons huis.

Hy voel om ’n bed met my te deel, maar omdat ek weier, sit hy my van ons bed af. Ek slaap tans by my kinders.

Ek voel net, Antie, hoekom moet ek seks met ’n man hê wat besluit het hy sien nie meer kans vir die huwelik nie?

Voor die hofsaak het hy vir my gesê ek moet onthou hy sal altyd lief wees vir ons en sal ons nie afskeep nie.

Toe ek hom vra of hy nou klaar sy keuse gemaak het, toe sê hy ek moenie woorde in sy mond sit nie.

Ai, daar is nog so baie wat ek wil sê, maar ek dink hierdie is vir eers genoeg. – R van die Wes-Kaap, WhatsApp

Niks justify wat hierdie pofferhandjies-papbroek aan jou gedoen het nie. En sy rede is voor die hand liggend – dis omdat hy agter die jol-deur gestaan het, maybe steeds daar staan, en dit nou in sy kop gekry het dat jy dieselfde doen.

Vrou, jy hoef glad nie sy gedrag te duld nie. Soos jy sê, hy het mos sy keuse gemaak.

As hy dan nou ’n backspin wil maak, sal jy beheer oor die situasie moet neem. Sit self die egskeidingsbal aan die rol en as hy hom hardestert wil kom hou, dan kry jy ’n beskermingsbevel teen hom.

Hierdie man is jaloers en Antie wil nie eens imagine waartoe sy jaloesie hom kan dryf nie.

Oor wat next gaan gebeur, hoef jy ook nie te wonder nie.

Liewe Antie Mona

EK EN my man sukkel nou al ’n klompie jare om ’n baba te maak.

Ek het my al laat toets en die toetse wys niks skort met my nie.

Hy weier eenvoudig om te gaan en hoewel hy nie in soveel woorde so gesê het nie, wil hy amper te kenne gee dis my skuld dat ons nie ’n kind ná vyf jaar van getroude lewe het nie.

Ek het al voorgestel dat ons ’n kind moet aanneem, want daar is so baie babas daar buite wat ’n liefdevolle huis soek.

Maar hy weier en sê hy gaan nie iemand anders se kind grootmaak nie.

Maar as hy ’n dop in het, moet ek hoor ek het ’n useless baar­moeder en ander lelike woorde.

Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Ja, ek wil ook graag ’n baba hê, maar as die probleem duidelik nie by my lê nie, hoe kan ek hom convince om hóm te laat toets? – Moedeloos van C, WhatsApp

Antie kan net imagine hoeveel wrywing hierdie issue tans in jul huwelik veroorsaak.

Al oplossing wat Antie hier sien, is dat hy moet let go van daai manlike ego van hom.

Daar is hordes en hordes onvrugbare mans in hierdie wêreld.

Daar is geen shame daarin om nie in staat te wees om ’n kind te verwek nie.

Die shame is egter daarin om aan jou trots en ego vas te klou en ’n drol van jouself te maak deur ander vir jou situasie te verwyt.

Dit is tyd dat julle oop kaarte speel met mekaar sodat hierdie issue op die spits gedryf kan word.

Die begeerte na ’n kind waar daar ’n onvermoë is om met so ’n situasie te deal, kan verreikende gevolge vir jul huwelik inhou.

Julle beter nou hieraan werk voo rdat jul huweliksbootjie begin omkantel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters