Verlede maand
Man sukkel vreeslik met sy ‘lieflike’ vrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou sit meer vas as wat daar vrede in die huis is.

En om eerlik te wees, ek is moeg vir haar stront.

Antie, ek vra nie veel nie. Net dat sy haar deel ook moet doen.

Ek moet als uitsort: Die huis, die groceries, die kinders ...

Ek weet nie eens wat sy met haar salaris maak nie, maar as ek die chips- en lekkers-papiere in die drom so kyk, vermoed ek sy vreet haar geld op.

Mêrrim wil net agteroor sit en bedien word. Sy verroer nie eens ’n vinger om ’n koppie uit te was nie.

Sy bly moeg. Jirre, Antie, ek is ook moeg as ek smiddae uit die werk uit kom.

Sy is mos nie ál een wat werk nie, maar ek skuif my moegheid eenkant toe om nog huis skoon te maak én kos te kook.

Saans is sy eerste in die kooi en vas aan die slaap as ek kom inkruip.

Ek kan ook maar seks op my maag skryf. Sy bly te moeg.

So een keer elke drie maande kry ek ietsie. En dan moet ek ook nie lank maak nie.

Selfs as getroude man moet ek nog baie staatmaak op Hannelie. Is dit reg?

Die vrou met wie ek jare gelede getrou het, bestaan nie meer nie. In haar plek, is iemand wat lui vir alles in die lewe geraak het.  - Gatvol Man, E-pos

Die moderne huishouding is van so ’n aard dat elkeen sy kant móét bring.

Daar bestaan nie meer iets soos takies wat net vir die vrou of net vir die man uitgesit is nie.

Dit is hoekom spanwerk binne-in ’n huwelik so belangrik is.

Sy kan nie net van jou verwag om die pot letterlik en figuurlik aan die kook te hou nie.

Die opvoeding van jul kinders, sowel as die instandhouding van jul huishouding, is albei van julle se babies.

Jy sal voet moet dwars neersit en die issue op die spits moet dryf.

Niggie kan nie net lekker smiddae tuiskom en dan moet alles net sonder haar hulp in plek val nie.

Dis tyd dat jy haar sitmaak – op ’n spot in die huis wat sommer ver weg van haar luxuries is.

Laat sy weet jy need haar om ook na die party te kom – met finansiële deelname, sowel as fisieke teenwoordigheid met alles wat aangepak moet word.

En terwyl jy so besig is om bors skoon te maak, is dit belangrik om sommer ook daai lui gees in die slaapkamer aan te spreek.

Sien, niggie wat so in haar luilekker comfort zone is, steur haar nie aan die ongemak wat sy in jou lewe veroorsaak nie.

Hoekom sal sy ook? Jy roer dan nie daai pot frustrasies wat jou so bebloed van woede maak nie.

Dis tyd dat sy weet presies hoe haar optrede jou laat voel.

Dis tyd dat sy weet ’n huwelik is nie ’n luilekker holiday met room service nie.

Dinge gaan nie verander terwyl jy net in die stilte oor al hierdie dinge broei nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters