Verlede maand
Man skel my lelik uit oor my privaat dele
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 55 jaar oud en wil net weet hoe om die uitgroeisel by my vagina te laat verwyder.

My man skel my lelik voor die kinders van ek het delle. Is daar ’n ander naam vir delle? Want ek wil vra dat die dokter my opereer.

Ek voel so verneder. Dertig jaar getroud, maar hy skel dat die mense in ons straat kan hoor. My buurvrou het my glad gevra of dit waar is wat my man oor skel.

Ek dink hy kyk rond. – Vrou van die Oos-Kaap, WhatsApp

Jirretjie, maar jou man is darem ’n aaklige mens! Die persoonlike issues in jul huwelik het niks met ander mense te doen nie. Niks!

Jy sien klaar hoe bis is jou buurvrou, wat ’n aanduiding is dat almal daar nou gons oor die dinge wat jou man so staan en uitblaker.

“Delle” is ’n liederlike, afbrekende woord. Dis disrespectful teenoor jou en enige ander vrou wie se geslagsdele so afgekraak word.

In hierdie Vrouemaand is dit absoluut walglik dat daar nog sulke mense soos jou man bestaan.

Daar kan verskeie mediese redes vir hierdie uitgroeisels van jou.

Dit kan selfs wees weens een of ander seksueel oordraagbare siekte wat daai vuilbek-man van jou kon aangedra het. Ook kan dit iets baie ernstig soos vaginale kanker wees. Gaan sien asseblief so gou moontlik jou GP, sodat jy na ’n gynae verwys kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters