2 maande gelede
Man se leuens oor skuld lei tot morsige egskeiding
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ná ’n verhouding van 18 maande verloof geraak aan P.

Ons het ’n gesprek oor finances gehad, want ons wou ’n huis koop voordat ons trou.

P het toe gesê hy het net ’n paar klererekeninge, maar geen groot skuld soos kredietkaarte of studie-lenings nie.

Ons het eventually ’n huis gekry en drie maande ná ons verlowing is die huis toe in ons naam geregistreer.

Twee jaar later het ons besluit om af te haak, maar voor ons troue het P issues by sy huis gehad en het besluit om in ons huis in te trek.

P het altyd gesê hy het nie ’n goeie verhouding met sy familie nie. Omdat ons ’n baie close familie is, het ons probeer om ’n verhouding met sy ouers te bou.

Dit het egter nooit gewerk nie, want daar was nooit enige effort van sy ouers se kant af nie.

Twee maande nadat P by ons huis ingetrek het, het hy weer na sy ouerhuis teruggetrek.

Dit was nie lank nie, toe sit sy pa hom weer uit en hy trek terug na ons huis toe. Hy het in hierdie tyd ook vir hom ’n nuwe kar gekoop.

Toe ons ons troureëlings tref, was meer as die helfte op die gastelys sy familie – mense met wie hy gesê het hy het nie ’n goeie verhouding nie.

Ons probleme het begin toe hy op ’n dag by die huis aankom en sê hy het ’n oproep van ’n uncle van hom gekry wat claim dat hy hom ’n klomp geld skuld van vyf jaar gelede se goeters.

Dit kom toe ook uit dat hy ’n agterstallige studielening van vier jaar gelede het.

Antie, my salaris was nog nooit ’n issue vir my nie. Hy het in hierdie huwelik gekom met net die klere aan sy lyf en ’n klomp skuld wat ek eers later besef het hy het.

Ek het my eie kar gehad, verskeie polisse en ’n stewige bedrag cash, maar ek het dit nie teen hom gehou nie.

Die volgende jaar het hy wéér na my gekom en geclaim dat hy nog ’n familielid van hom geld skuld.

In die volgende drie jaar het hy my oortuig om ’n nuwe kar te koop en in die proses het hy ook vyf, ses keer van karre gewissel.

Ná 13 maande van getroude lewe is ons eerste kind gebore. Alles het op die oog af goed verloop – tot die geboorte van ons tweede kind.

Ná vyf jaar van dreigemente, fisieke, verbal en financial abuse kon ek dit nie meer uithou nie en het gefile vir ’n divorce.

Ek het ’n interdik teen hom gekry en met kinders en al uit die huis getrek.

Hy bly nog steeds in die huis, maar dra niks by tot die betaling daarvan nie.

Ses maande nadat ek uitgetrek het, het ’n vroumens daar ingetrek.

Sy het nie lank gehou nie, maar nie lank daarna nie, toe trek ’n ander vrou met haar kinders daar in.

Ons egskeiding word tans gefinaliseer, maar daar is trougeskenke van sentimentale waarde wat my broer voor sy sterfte aan my gegee het en waarvan hierdie soon-to-be-eks van my nou eienaarskap claim.

Ek hoop hy sal eendag nog hierdie geskenke, sowel as goed wat my afgestorwe grootouers vir my nagelaat het, teruggee. Amper-Eks, E-pos

Egskeidings kan ’n messy affair wees, veral as die een meer as die ander een na die paartie gebring het.

Gelukkig het jy ’n regspan wat sal verseker jy behou wat joune is en wat hopelik hul stem ook sal dik maak sodat die sentimentele besittings terug in jou sorg sal kom.

Ek reken dinge het begin uitrafel oorlat daar in die eerste plek nie eerlikheid tussen julle was nie.

Dalk het hy jou anyway gesien as sy wettige melkkoei en die een wat sy finances moes uitsorteer.

Gelukkig is jy een van die dae ontslae van hierdie finansiële las en hoewel jy baie in die proses verloor het, glo ek jy is emosioneel en finansieel steeds sterk genoeg om met jou lewe voort te gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters