8 dae gelede
Man neem eie lewe ná werkgewer weier om te help
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net by Antie raad vra in verband met my man se selfmoord.

Hy het ’n doktersverwysing gekry na ’n sielkundige kliniek waar hy dringend opgeneem moes word.

Maar sy werkgewer het geweier om hom te help met ’n klein bedraggie geld wat hy vir die kliniek moes betaal.

My man het so daarna uitgesien om na die kliniek te gaan, maar sy werkgewer het gesê dis geld- en tydmors en dat hy, die werk­gewer, hom self met die sielkundige probleem kan help.

Die werkers op die plaas het hom ook geboelie en my man het toe sy eie lewe geneem.

Is daar regshulp wat ek kan kry om my in dié saak te help?

Ek en my vier kinders sukkel nou finansieel baie en ons is afhanklik van AllPay. – Hartseer Vrou, Whats-App

Antie is so verskriklik jammer om te hoor van jul verlies. Dit is vanselfsprekend ’n uiters moeilike tydperk vir julle.

Daardie werkgewer behoort sy kop in skaamte te hang. Veral vir die rol wat hy in dié tragedie gespeel het. Of hy en sy maatskappy wetlik aanspreeklik gehou kan word, sal net ’n lawyer jou kan sê.

Antie het afgekom op ’n paar gevalle waar ’n werkgewer arbeidshof toe gesleep is omdat hy nie aandag aan ’n employee se mental status gegee het nie. Anders as in jou geval, was daar nie selfdood betrokke nie, maar ek is seker baie sal van jou man se gemoedstoestand kan getuig, soos die dokter wat hom aanvanklik na die kliniek verwys het.

Geld vir ’n lawyer is natuurlik ’n probleem. Daarom doen Antie ’n beroep op enige regsverteenwoordiger wat jou saak wil aanvat, om sy besonderhede op my Whats­App-lyn te los. Ek sal dan jou in kontak met dié lawyer/s bring. Antie hou duim vas dat geregtigheid jou kant toe sal kyk!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters