15 dae gelede
Man met selfish gesin op rand van selfdood
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

OP HIERDIE lieflike dag lê ek depressief en besin oor my selfdoodplanne.

Ek het genoeg gehad van ’n lewe waar ek alles in my vermoë doen om my vrou en kinders tevrede te stel.

Hulle almal misbruik my goedheid. Hul rougeit spreek boekdele. Obviously het hulle my nie in hul lewe nodig nie.

My keuse is eenvoudig: Ek gaan grafwaarts, waar ek vrede kan vind.

Ironies genoeg dink hulle hulle gaan al my geld erf. Ek gee dit liewers vir my broer. My vrou moet met die bietjie pensioenfonds tevrede wees. – Gatvol, WhatsApp

Jy sien dit dalk nie nou so nie, maar selfdood is, was en sal nooit ’n goeie opsie wees nie.

Die seer waarmee jy veral jou kinders gaan agterlaat, gaan hulle knak en vir ewig verander.

Vandag lyk dalk droewig, maar die son skyn môre weer, en elke nuwe dag bring nuwe oplossings.

Dis nie gesond dat hierdie gedagtes aanhou broei binne jou nie. Jy durf nie opgee nie, veral nie as jy nog nie alles moontlik probeer het om jou situasie te verbeter nie.

Kontak asseblief die South African Depression and Anxiety Group by 0800 567 567.

Praat met iemand, wees gewillig om ’n hand uit te steek en die hand te aanvaar wat joune wil vat.

Die lewe is kosbaar en nie een van ons s’n om te vat nie. Alles in dié lewe kan oorwin word. Bel asseblief sommer nóú!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters