Verlede maand
Man maak kind by girl wat nes my dogter was
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SOEK raad, want ek weet nie meer watter kant toe nie.

Ek en my man is nege jaar getroud, maar ken mekaar al 19 jaar.

Hy is 41 en ek is 32 jaar oud. So vyf jaar gelede het hy ’n verhouding gehad met ’n meisie met wie ek bevriend was.

Sy was meer soos ’n dogter vir my, want sy is nog baie jonk.

Hulle het seks gehad, Antie, waarna sy nie meer so baie vir my kom kuier het nie.

Ek het agterna gehoor sy is swanger en sy het baie oor dié swangerskap gespog.

Tydens haar swangerskap het sy Kaap toe getrek om by haar ma te gaan bly.

Toe die kind vier maande oud was, het sy laat weet dat dit my man se kind is.

Antie, hy het nie gestry nie. Hy het alles aan my erken, maar hy was nie seker dat dit wel sy kind is nie.

Hy sê toe hy seks met haar gehad het, was sy nie meer ’n maagd nie.

Toe ek daardie tyd die nuus kry, was ek ses maande swanger met my eie babatjie.

Hy het beloof hy gaan niks met haar of die baba te doen hê nie, want dit was iets wat ons baie seergemaak het.

Ek het vir hom gesê hy moet ’n besluit maak en dis nou vyf jaar later en hy hou by daai besluit en wys dat ek hom kan vertrou.

Antie, is dit reg dat ek hom gevra het om hierdie besluit te maak?

Hy het nooit weer die ander meisie gekontak nie. Toe sy nog swanger was, het haar ma hom gebel.

Dis asof sy wou hê hy moes my los om haar kind te vat.

Hy het uit hul pad gebly, want dis nie wat hy wou doen nie.

Ek voel tans baie onseker, maar weet Antie sal vir my raad kan gee. – Onseker, WhatsApp

Net die feit dat jy tans so onseker voel, sê vir Antie dat jy wonder of dit die regte ding was om jou man voor daardie ultimatum te stel.

Sien, dit was nie mooi van hom om jou te verneuk en ook ’n kind buite jul huwelik te verwek nie. Om in jou goeie boekies te kom, sou hy tot enige iets instem – selfs om alle kontak met sy eie vlees en bloed te vermy.

As iemand wat nou self ’n ma is, pla die hele situasie jou om een goeie rede: Iewers in die Kaap is daar ’n kind wat rondloop en nie gevra het om hier te wees nie.

Daardie kind ken nie sy/haar pa nie en sit in alle waarskynlikheid met ’n ma opgeskeep wat te verbitterd is om te sê wie die daddy is.

Die kind word nie net van die kans ontneem om die pa beter te leer ken nie, maar daar is nie eens financial support wat darem opmaak vir sy afwesigheid nie.

Hierdie is nou ’n kind wat met ’n wrok en groot bitterheid vir die lewe opgroei. En dis hierdie dinge wat jou pla en seker saans wakker hou.

Dit is tyd dat jy jou man begin aanmoedig om sy verantwoordelikhede teenoor sy kind na te kom. Hy hoef niks met die ma te doen te hê nie, maar wat tans aan die kind gedoen word, is niks minder as ’n skande nie.

En jy weet dit, liefie. Dis hoekom jou gewete jou so pla. Jy weet wat die regte ding is om te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters