13 dae gelede
Man het ‘Groot Griep’ ná hy met ander vrou mors
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN en ek is 14 jaar getroud, maar ons het nie meer seks met mekaar nie.

Dit is nou al sewe jaar dat ons nie meer seks het nie.

Hy het gaan mors met ’n groot vrou en was in hierdie tyd weg van my af.

Antie, ek het nie geweet waar my man was nie. Hy kom toe jare later hier aan, baie siek.

Ek is toe met hom dokter toe en die dokter vra of ek my man gaan vergewe.

Toe ek vra hoekom, sê die dokter my man het die Groot Griep.

Nou moet ek hierdie pad saam met hom stap. Die vrou wat hom die Groot Griep gegee het, is laas maand oorlede.

Wat moet ek maak? Ek is baie lief vir hom. Anoniem, Whats­App

Dis jammer dat jou man se wandelinge op die lang pad nou jou kruis geraak het.

Ek haal my kerkhoed met die groot blom voor af vir jou.

Nie enige vrou sal sommer ’n man terugvat nadat hy hom vir jare gate uit geniet het met ’n ander vrou nie.

Baie sal sê hy het nooit geworry van jou nie, maar noudat hy dodelik siek is, weet hy waar jy bly.

MIV/vigs-lyers kan ’n lang, gesonde lewe lei, mits hulle ’n gesonde leefstyl handhaaf en natuurlik hul medikasie gebruik.

Jy sal egter ook na jouself moet kyk, afhangend van hoe “naby” jy hierdie vervreemde man van jou in jou lewe toelaat.

Kom ons wees sommer reguit: As jy in ’n stadium ’n bed met hom gaan deel en ougat maak, dan sal jy seker moet maak jy protect jouself.

Antie lei af jou sewe jaar van droogheid het juis daarmee te make – dat julle nie saam slaap nie uit vrees dat jy die virus kan opdoen.

Daar is redelike veilige maniere hoe julle steeds intiem kan verkeer, maar die belangrikste is dat jy nie weens die sondes van jou man ook ’n siektevonnis opgelê word nie.

Die Antie Mona-show

HET julle al ingeskryf vir Antie se show wat in samewerking met die VIA-kanaal aangebied gaan word?

Planne is tans in die pyplyn om Antie se show die lig te laat sien. Hierdie is egter nie iets wat sonder julle, die mees lojale lesers, aangepak kan word nie.

Julle hoef nie bang of skaam te wees nie. Nie Antie of die kameras byt nie. Antie het anyway lankal nie meer tande nie.

Stuur vir my ’n WhatsApp of selfs ’n voice note na 082 858 0044 en vertel kortliks waaroor jou issue gaan.

Dit is belangrik om in ag te neem dat deelnemers bereid moet wees om ’n dag aan verfilming af te staan.

Lekker goodies gaan op die spel wees vir deelnemers en een van die dae gaan ons ook bekendmaak wie die presenters van die show gaan wees.

Julle gaan aangenaam verras wees, daai promise Antie julle nou al.

So, skryf in, toe. Moenie so wees nie. Hierdie gaan ’n epic show wees wat sommer lekker waves gaan maak!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters