Verlede maand
Man grawe nou ou koeie uit vorige seks-sloot!
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is nou so drie jaar getroud en ons het nog altyd lekker oor die weg gekom.

Maar in die laaste tyd stel my man veels te veel na my sin in my vorige verhoudings belang.

Antie, die man wil dan nou weet met wie ek almal al seks gehad het, hoeveel keer en wat ons alles gedoen het.

Hy het aan my gesê dat hy voor ons ontmoet en eventually getrou het, nege seks-partners gehad het.

Ek het toe aan hom gesê dat ek drie vorige partners gehad het met wie ek intiem was.

Ek was eerlik met hom in ons discussions oor hierdie verhoudings van my, maar die man hou dan nou dik dat ek nie eerlik is met hom nie.

Antie, ek weet nie wat ek moet sê om hom gerus te stel nie, want ek het niks om weg te steek nie.

Ek voel net hierdie is iets wat glad nie ’n issue behoort te wees nie.

Wat ek in die verlede gedoen en wie ek gedate het, behoort mos nie van belang te wees nie.

Dinge is nou nie lekker tussen ons nie en ek voel net hy is onnodig.

Maar so loving soos wat hy kan wees, kan hy ook baie hardkoppig wees.

Hoe kan hierdie situasie opgelos word? Ek sal Antie se hulp regtig waardeer. Anoniem, e-pos

Jou man is nou plein aspris van wil kom score hou. Van score gepraat, loop hy anyway só ver voor dat hy eintlik moet stilbly.

Almal van ons het ’n history. Die vrou of man met wie jy eendag trou, is nie noodwendig jou eerste girlfriend of outjie nie.

Soos wat die lewe maar is, gaan ons almal deur fases van jou eerste crush, jou eerste liefde, jou eerste liefdesteleurstelling, jou eerste sexual experience...

Daai is jou verlede, ’n verlede wat jou anyway mould in die persoon wat jy eendag uitdraai.

Wanneer jy jou groot liefde ontmoet en trou, bly die ou koeie van verhoudings wat jy agterlaat, in die sloot waar jy hulle gelos het.

Om nou jou te wil in- en uitvra, sowel as om jou woord in twyfel te trek, is moeilikheid soek.

Wat is anyway sy storie? Wat maak dit saak of jy met een of eenhonderd mans voor hom geslaap het?

Het hy met jou getrou oor jou verlede, of jul future wat julle saam kan bou?

Sê vir hom dat jy nie gemaklik daarmee is om jou verlede te justify nie en dat jy nie sien hoe sulke gesprekke voordelig vir jul huwelik kan wees nie.

As hy issues het, moet hy so gou moontlik aandag hieraan skenk voordat dit groot probleme in jul huwelik veroorsaak.

Liewe Antie Mona

EK WEET nie of ek verkeerd is nie, maar my boyfriend rook te veel dagga na my sin.

Antie, dis van soggens vroeg tot laat in die aand.

Hy werk nie op die oomblik nie en sê hy rook om sy stres te verlig, maar dis mos nie die antwoord nie.

Verder is ek die een wat dan die geld moet provide sodat hy hom suf kan rook.

As hy gerook is, is hy soos iemand wat taatie is en sit en giggel en wees simpel die hele tyd.

Hy is dan soos ’n groot klein kind wat ek alles voor moet doen.

Ons is nog albei jonk en ek het altyd gedink hy is my trouman.

Maar ek weet darem nie meer so mooi nie.

Ek kan nie myself sien trou met ’n simpel ou vir wie ek moet sorg en agter wie ek moet skoonmaak nie.

Ons het nie enige kinders nie, maar hy skimp dat hy graag ’n laitie sal wil hê. K van B, WhatsApp

Pleks dat werk soek hoog op sy agenda moet wees, verkies hy om so high te wees soos wat hy nie eens op high school was nie.

En dan wil hy nog ’n baby ook hê? Om hoe te support?

Liefie, jy kry tans ’n kykie in hoe die lewe op die long-term met hierdie outjie gaan wees.

Antie weet werk is skaars, maar kan jy nou al sien hoe jy jou lewe sal omwerk om aaptwakgeld aan hierdie man te kan provide?

Nee, kyk, hierdie ou wil net dagga rook en jou dan met sy simpele maniere irriteer.

Dis tyd dat jy die ou ’n bietjie sit maak en mooitjies aan hom verduidelik dat jy hierdie grille van hom nie verder gaan duld nie.

Liefie, maak eerder nou plak vas as later.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters