27 dae gelede
Man eet sy UIF-geld alleen op
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van Delft en getroud met E.

Ons het ’n pragtige babaseuntjie saam.

Antie, E het my belieg en besteel.

Dit gaan oor sy UIF-geld wat hy gekry het. Ons het dinge soos ’n getroude couple uitgepraat, maar hy het toe steeds besluit om sy UIF-gelde alleen op te eet.

Hy het nie vir my of ons kind ’n sent gegee nie.

En noudat die geld op is, wil hy weer dinge tussen ons regmaak.

Ek voel baie seergemaak oor dit wat hy aan ons gedoen het.

Ek kan hom nie meer vertrou soos vantevore nie.

Maak ek die regte besluit om te skei, of moet ek hom nog ’n kans gee. - C van Delft, Whatsapp

Die besluit om te skei, is joune en joune alleen.

Wat jou man aan jou en jul kind gedoen het, was glad nie mooi nie.

Hy het ’n selfsugtige kant van hom gewys en bewys dat wanneer daar geld ter sprake is, gaan dit net oor hom.

Jy is net ’n priority vir hom as hy in nood is.

Verder is jy en die kind ver uit sy mind as hy die dag geld het.

As jy kans sien vir so ’n man, is dit jou saak.

As jy besluit om hom weer ’n kans te gee, kan slegs jy die gevolge van so ’n besluit dra.

Jul kind is nog klein en soos talle ander wil jy nie jou kind sonder ’n pa grootmaak nie.

Wat jy ook al besluit, jy sal maar sterk moet wees vir enige toekomstige truuks van hom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters