Verlede maand
Man bang klein move neuk verhouding op
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS dringend op soek na raad.

Die ding is dat ek so pas in ’n verhouding gegaan het met ’n meisie vir wie ek baie lief is.

Ons is al van kinderdae af vriende. Sy wil dinge nie stadig vat nie omdat ons mekaar ken.

Sy hou van seks en het dit al met ’n paar ouens gedoen.

Die probleem is dat ek baie klein dra daar onder vir ’n 26-jarige man en party van my ekse het gesê dit is hoekom hulle met my opgebreek het.

Ek wil nie hê dieselfde moet met háár gebeur nie.

Ek wil weet wat om te doen, asseblief.

Of Antie kan my ’n paar produkte stuur wat binne weke werk, want sy wil dit nog in die feestyd doen. Of stuur nommers van waar ek produkte kan kry, asseblief tog, Antie. Meneer Klein, WhatsApp

Liefie, daar is verskeie produkte op die mark wat jou die maan en ál sy sterre beloof.

Maar die realiteit is dat jy sal bly waarmee die liewe Heer jou geseën het.

Size van die onderste gestoeltes is iets waarmee baie onnodiglik worstel.

Dit is nie die grootte van die tool wat tel nie, maar wat jy met daardie tool kan maak.

Verhoudings kan nie net oor een groot tool gaan en dan is die res van die gereedskapskas leeg nie.

Antie verstaan dat jou selfvertroue baie laag is weens jou experiences met ander vroue in die verlede.

Maar weet jy wat? Jy is baie meer as net jou tool.

Oor die jare loop mans, sowel as vroue, se tools af en raak die batterye pap. So, daar moet meer in ’n verhouding of huwelik wees as net seks, want wat gaan julle die dag doen as Vader Tyd sy tool kom haal?

Jy gaan nie ’n lekker festive het as jy nóú al worry oor die groot stap wat hierdie meisie wil vat nie.

Om toekomstige teleurstelling te vermy, stel Antie voor jy bespreek die onderwerp met haar.

Ja, dis die laaste ding wat ’n man en sy ego wil doen. G’n man wil immers erken dat hy met ’n baby-banana sit nie.

Maar as sy lief is vir jou en ’n toekoms met jou sien, sal sy saam met jou werk aan maniere om seks aangenaam en bevredigend vir albei van julle te maak.

Dit baat mos nie jy probeer die inevitable delay deur te sê julle moet dinge stadig vat nie.

Dit gaan eventually op ’n punt kom waar jy dit met haar sal moet bespreek.

En wie sê vir jou jou affêre is regtig so klein en dat hierdie ekse jou nie net wou diss nie?

Daar is immers ook ’n wêreld propvol maniere hoe jy ’n vrou kan satisfy. En baie van hulle het niks met penetrasie te doen nie.

Google so ’n bietjie, doen jou navorsing en sien self hoe jy daardie nooi se tone van lekkerkry kan laat krul.

Liewe Antie Mona

MY NAAM is S van E en ek het ’n man, ook van E, by my werksplek ontmoet.

Ons het aan die begin van die lockdown ontmoet.

Hy is baie nice en het vier kinders by sy eksvrou, maar wat my baie worry, is dat ons al in September sou getrou het.

Maar ek het nee gesê en gesê dat ons dinge reg moet doen.

Hy het nou in ’n ander plek gaan werk en ek sien hom nie.

Dis nou al ’n maand en hy bel of stuur nie eens meer vir my boodskappe nie.

As hy huis toe kom, bel ek hom en dan sê hy hy spend tyd saam met sy kinders.

Which ek verstaan, maar wat dan van my en my kind?

Hy wil net seks hê en as hy klaar is met my, worry hy nie van my nie.

Ek is baie lief vir hom, maar ek het baie vrae. S van E, WhatsApp

Jou antwoord lê in die tweede laaste paragraaf van jou brief: Hy wil net seks hê by my ...

En liefie, dis hoekom hy elke keer praat van trou – net om jou panty se rek pap te kry.

Dis mooi dat hy tyd met sy kids wil spend, maar dis duidelik dat hy nie tyd vir jóú het nie.

Julle ken mekaar nie eens lank nie om sommer te wil trou, en nóg ’n ding: Sien jy regtigwaar kans vir ’n man wat reeds vier ander kinders het?

Moenie meer verder jou tyd met hierdie man mors nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters