8 dae gelede
Man al 9 jaar in skelm verhouding
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n probleem en wil seker wees ek maak die regte besluit.

My man is nou al vir nege jaar in ’n skelm verhouding.

Ons is vyf jaar getroud en het drie kinders.

Hy wil skei, maar dis nie wat hy regtig wil doen nie. Die vrou druk hom om te skei.

Moet ek dat hy skei of moet ek baklei vir dit wat ek het? – Hartseer Vrou, WhatsApp

Vrou, die vraag is natuurlik: Wat het jy om voor te baklei?

Ja, op papier is hy wettiglik jou man, maar in die realiteit mors hy met ’n ander vrou.

Met ander woorde, van sy kant af is daar geen respek vir jou en die kinders nie.

Dat hy nou ook in twee minds sit, sê vir Antie sy lojaliteit is gesplit.

Hy kan egter ook nie sy brood aan albei kante gebotter wil hê nie.

Aan die einde van die dag moet jy jouself afvra of ál hierdie drama worth dit is en wat die beste is – nie net vir jou nie, maar ook vir jou kinders.

Hierdie is ’n besluit wat net jy kan neem. Niemand ken jou hart en jou omstandighede nie.

Jy kan egter nie toelaat dat jou man so ping-pong met jou en die kinders speel nie. 
Die Antie Mona-show

HET julle al ingeskryf vir Antie se show wat in samewerking met die VIA-kanaal aangebied gaan word?

Planne is tans in die pyplyn om Antie se show die lig te laat sien. Hierdie is egter nie iets wat sonder julle, die mees lojale lesers, aangepak kan word nie.

Julle hoef nie bang of skaam te wees nie. Nie Antie of die kameras byt nie. Antie het anyway lankal nie meer tande nie.

Stuur vir my ’n WhatsApp of selfs ’n voice note na 082 858 0044 en vertel kortliks waaroor jou issue gaan.

Dit is belangrik om in ag te neem dat deelnemers bereid moet wees om ’n dag aan verfilming af te staan.

Lekker goodies gaan op die spel wees vir deelnemers en een van die dae gaan ons ook bekendmaak wie die presenters van die show gaan wees.

Julle gaan aangenaam verras wees, daai promise Antie julle nou al.

So, skryf in, toe. Moenie so wees nie. Hierdie gaan ’n epic show wees wat sommer lekker waves gaan maak!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters