Verlede maand
Ma worry oor seun ná sy huwelik verbrokkel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY SEUN gaan deur ’n moeilike egskeiding.

Sy vrou het hom gelos omdat hy nie vir hulle ’n beter plek kon gee nie.

Maar ek is bekommerd oor hom, want dit lyk asof hy die situasie nie baie goed hanteer nie.

Hulle het drie kinders en hy is baie erg oor sy kinders.

Ek weet nie hoe ek hom kan help sodat hy kan aanvaar wat met sy huwelik gebeur het en kan aanbeweeg nie.

Soms is ek bang hy gaan homself iets aandoen.

Ons bly in verskillende dorpe. – Bekommerde Ma, WhatsApp

Die verbrokkeling van ’n huwelik is g’n grap nie en enige egskeiding is ’n moeilike, moeilike storie.

Jou seun is platgeslaan, want Antie glo hy het alles in sy vermoë gedoen – nie net om sy huwelik te maak werk nie, maar om ook vir sy kinders te provide.

Ongelukkig kan en wil hierdie vrou nie sien dat dit nie net sy job is om die dak van haar drome oor hul koppe te sit nie, maar dat sy ook haar kant moes bring.

Saam kan ’n couple mos baie meer in die lewe bereik.

Dit is nou die tyd om uit te reik na jou seun toe. Wees daar vir hom. Laat hom weet dat jy as sy ma daar is as hy iemand nodig het om mee te praat.

Laat weet hom dié terugslag is nie die einde van die wêreld nie. Al het hy nie meer ’n vrou nie, is sy kinders steeds daar. Hulle is deel van sy lewe en het hom nog every single step van hul lewe nodig. Hy moet weet dat hy steeds ’n rol in hul lewe te speel het.

Antie hoop jy kan hom só help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters