6 dae gelede
Ma van my kinders jol met ’n spul gomgatte
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN die ma van my twee kinders is nou reeds sowat 10 jaar in ’n aan-af-verhouding.

Gedurende ons tyd saam het sy my om en by vier maal verneuk deur seksuele verhoudings aan te knoop met verskillende mans wat sy op WhatsApp en Facebook ontmoet het. Elke keer het ek haar vergewe en dit stil gehou.

Ek het haar onlangs weer persoonlik op heterdaad betrap en agtergekom dat sy agter my rug ’n skelm seksuele verhouding met ’n getroude man het.

Ek kon ook daarin slaag om WhatsApp-boodskappe van die twee te lees, waarin die ma van my kinders na my verwys as die “ander pa”.

Ons het toe opgebreek. Ek en my dogtertjie woon tans in my ouerhuis.

Kan ek ’n toekoms bou met hierdie vrou, of mors ek my tyd? Verwarde Pa, WhatsApp

Jou kinders se ma blyk ’n verneuker van formaat te wees – een wat nie lyk of sy gou haar dinge gaan laat staan nie.

Daar kan nie van jou verwag word om te wag tot sy haarself uitgekuier het nie.

Jy sien dan klaar sy verwys na jou as die “ander pa”. Jy word nie eens op jou naam genoem nie, wat vir Antie sê jy is nie ’n priority in haar lewe nie.

Dis nie lekker om te weet dat sy nie dieselfde oor jou voel soos jy oor haar nie. Dit sal beter wees om maar aan te beweeg.

Daar kan nie van jou verwag word om in die background te wag op ’n vleeslike siekte waarmee sy jou kan besmet nie.

Liewe Antie Mona

EK IS 19 jaar oud en van W.

Antie, ek het onlangs uitgevind ek is swanger.

Ek en my unborn kind se pa is amper ses maande saam.

Nadat ek uitgevind het ek is swanger, het ek verkies om die baba te aborteer.

Maar Antie, die afgelope twee dae het ek my mind verander en besluit om my baba te hou. My kêrel hou egter vol ek moet ontslae raak van die baba omdat sy ouers hom gaan disown as hulle uitvind.

Antie, ek is nou so confused. Wat kan ek doen? Help, asseblief. Bekommerde Tiener, WhatsApp

Hierdie is voorwaar ’n moeilike situasie waarin jy jouself sommer vroeg in die jaar bevind.

As Antie van jou ouderdom aflei, behoort jy laas jaar klaar te gemaak het met skool, of is maybe hierdie jaar in matriek.

Jou hele lewe lê voor jou. Antie is nie ’n voorstander van aborsies nie, maar jy moet in die konteks kyk na die impak van hierdie swangerskap op jou toekoms.

Daar is reeds geen commitment van jou boyfriend se kant nie. Jy sien dan reeds hoe hy meer geworry is oor sy ouers se reaksie.

Daar is geen waarborg dat hy vir dielong run in hierdie verhouding gaan bly nie. Daar is ’n groot kans dat hy jou gaan drop en jy hierdie kind op jou eie gaan moet grootmaak.

Jy weet natuurlik dat aborsie nie jou enigste opsie is nie? Daar is ook aanneming wat jy kan oorweeg om hierdie kindjie die beste van opportunities in die lewe te gee.

’n Maklike besluit is hierdie egter nie.

Oorweeg ál jou opsies baie goed. Maak dan ’n besluit wat in die beste belang van jou en die baba sal wees.

Niemand stap in jou skoene nie. So, niemand sal jou kan judge nie – wát ook al jy besluit.

Liewe Antie Mona

EK IS getroud en my vrou het twee kinders. Ons het nie kinders saam nie.

Die een is 11 en die ander een 19.

Daar is nie respek nie.

Hul ma het ook nie respek vir my nie.

Sy doen net wat sy wil.

Ek kan nie praat nie, dan is sy rou met my. Sy is dag en nag by haar familie.

Sy koop vir haar kinders duur klere, maar het nie een keer gevra of myne uitgesort is nie.

Ry ek iewers heen, dan het ek gaan vry. Raadop Man, WhatsApp

Jy moes seker al jouself afgevra het hoekom julle getrou het as julle so naar met mekaar is, nè?

Sorg maar vir jou eie kinders en moenie op haar staatmaak vir dit nie.

Jy sien mos wat haar attitude is.

Julle sal beslis moet werk aan hierdie wankelende huwelik want soos wat dinge nóú lyk, is dit net ’n kwessie van tyd voordat julle in die skeihof staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters