13 dae gelede
Luisgat-pa worry niks oor kids se onderhoud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J en is baie mismoedig, want my twee kinders se pa het hulle 10 jaar laas onderhou.

Hy is net missing en niemand weet waar hy is nie. Sy familie wil niks sê nie en daar gaan niks op sy Facebook account aan nie.

Ek het aan die begin van lockdown my werk verloor en kry nou net Sassa-toelae vir die kinders. Dit gaan regtig baie swaar.

Maar hierdie man het nie ’n saak aan met sy kinders nie. Ek kan ook nie die egskeiding kry wat ek 10 jaar uit hom probeer kry nie.

Ek sukkel om die kinders aan die lewe te hou en dan het hy nie ’n care in die lewe oor hulle nie. Dit is nie reg nie.

Ek wil net hê hy moet sy kinders onderhou.

Hoe kan ek maak? Ek wil net my lewe terughê en in ’n posisie wees om my kinders te kan onderhou. – Moedelose J, Whatsapp

Hierdie corona-virus en die subsequent lockdown het net nonsens kom maak.

Dit het nie net baie mense regstreeks hul lewe gekos nie, dit het nog honderde kere­ méér mense hul werk gekos.

Pleks van sy verantwoordelikhede nakom, het jou vervreemde man nog tyd vir wegkruipertjie speel. Sy familie ondersteun nog die ding.

’n Opsie wat deesdae ook op die tafel is, is om die grandparents vir onderhoud te dagvaar as die biologiese ouer (in hierdie geval jou vervreemde man) nie in staat is om dit te doen nie.

Antie kan jou nou al waarborg dat as jy jou skoon­ouers vir maintenance dagvaar, gaan jy sien hoe vinnig hop hierdie long-time-no-see-man van jou uit die gat waarin hy nou al 10 jaar wegkruip.

Hierdie is egter ’n proses wat regshulp makeer en jy bevind jou tans in ’n situasie waar jy nie regshulp kan bekostig nie.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ’n regskliniek waar hulle met verskeie gratis dienste uitreik na die gemeenskap.

Kontak hulle, verduidelik jou situasie en luister of hulle jou kan help om hierdie bal aan die rol te kry.

Email hulle by info@uwc.ac.za of bel 021 959 2911.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters