Verlede maand
Liefde in lockdown toe droomgirl op my cheat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

NET voor die lockdown het ek ’n meisie ontmoet wat my knieë lam maak.Antie, sy is mooi van binne en buite en ek is mal oor haar.

Sy is nog getroud, maar sy en haar man is nie meer saam nie.

Omdat ons nie mekaar kon gaan visit nie, het ons lekker gechat. Daar was aande dat nie een van ons twee goodbye wou sê nie.

Sy het my vertel van hoe haar man haar hart gebreek het met sy cheatery en hoe sy nie eintlik meer mans vertrou nie.

My eksmeisie het self op my gecheat en ek weet hoe seer dit kan maak.

Ek het haar beloof dat ek haar nooit sal seermaak nie.

Toe die lockdown levels bietjie gelig word, kon ek vir haar gaan kuier. Elke keer as ek daar gekom het, was haar vervreemde man in die omtes.

Sy het gesê hy is daar om hul twee kinders te sien.

Sy gesig het nie lekker gelyk as hy my sien nie, maar dit het my nie veel gepla nie. Hy het mos sy kans gehad.

Daarby het N my ook verseker dat sy glad nie meer belangstel in hom nie.

Anyway, so ’n maand gelede kom ek agter N is nie meer lus om met my te chat of ’n drive iewers heen te vat nie.

As ek haar hieroor uitvra, bly sy sê sy is moeg en gaan maar vroeg inkruip.

Dis net asof iets my sê ek moet ’n draai by haar huis gaan maak.

So ’n paar weke gelede gaan ek sommer so 05:00 die oggend al en gaan parkeer nie ver van haar huis af nie op ’n spot waar ek ’n lekker view van die voorkant van haar huis het.

Ek het geweet sy is alleen tuis, want die kinders sou die naweek by hul ouma deurbring.

Toe ek al daar naby optrek, het ek gesien die soon-to-be eks se kar staan buite.

Ná ’n bietjie meer as ’n uur kom hulle uit, hy soen haar en ry toe weg.

Ek was so geskok, Antie. Om te dink ek het my hart vir hierdie vrou gegee en sy verneuk my so.

Ek wou net daar uit die kar klim en haar konfronteer, maar ek kon myself nie sover kry om uit te klim nie.

Om te dink ek het so baie vir haar en die kinders gedoen.

Ek het begin lief word vir daardie kinders en was bereid om hulle as my eie groot te maak.

As sy geldelik kortgekom het, het ek moeite gedoen om vir haar geld in te betaal.

Soms het ek myself te kort gedoen om vir haar en die kinders te sorg.

Ek ignoreer nou haar calls en WhatsApps.

Sy weet natuurlik nie ek weet van haar dinge nie.

Ek is nog lief vir haar en kan nie glo sy het so gemaak met my nie.

Ek weet nie of daai jong nog steeds daar kuier nie, maar ek is nie bereid om myself so vir ’n pop te laat vat nie.

Moet ek haar sê dat ek weet sy en haar “eksman” het steeds ’n ding aan?

Of moet ek haar maar vergewe en nog ’n kans gee? – Deurmekaar van R, WhatsApp

Dit moes omtrént ’n skok en ontnugtering gewees het om te sien hoe hulle steeds operate.

’n Mens kan nie sê hulle knyp die kat in die donker nie, want hulle is immers nog getroud.

Maar wat nie mooi is nie, is hoe sy jou in die donker gehou en laat glo het dat jy ’n kans by haar staan.

Kaantie laat sy en haar supposed to be amper-eks die bedsprings raas.

Om te vergewe en te vergeet is twee opposite sides van dieselfde coin.

Net jy sal kan sê of jy dit regtig sal regkry om te vergewe en te vergeet.

Die vraag wat jy jouself moet afvra, is of jy regtig weer kans sien vir ’n vrou wat jou liefde misbruik en jou net as ’n financial benefit ingespan het.

Met tyd sal jy wel oor haar en hierdie verraad kom.

Jy sal sterker aan die ander kant uitkom.

Dit hang van jouself af of jy bereid is om jou die tyd te gee om alles te verwerk.

As sy kans sien om steeds mak lammetjie te wees vir ’n man wat haar in die verlede so gruwelik verneuk het, dan verdien sy jou nie.

Jy mag dit dalk nie nou so sien nie, maar jou paaie sal eendag wel kruis met iemand wat jou lief sal hê. Vir jou alleen.

Daar is baie visse in die see. Liefde is nooit onder lockdown nie. Moet dit nooit vergeet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters