20 dae gelede
Kwarteeu saam, maar steeds nie getroud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet wat ek verkeerd doen.

Ek en my ou is al 25 jaar saam, maar nog nie getroud nie. Het Antie dalk raad vir my? – Moedeloos

Liefie, 25 jaar is amper so lank soos forever!

Mean jy om vir Antie te sê in die amper drie dekades dat julle saam is, het hy nog nie eens propose nie?

Antie mean maar, hier reinvent die goewerment elke 10 jaar ’n nuwe level van skelmgeit, maar jou berk bly vasboude vir trou.

Seker te comfy geraak van mos die menu kry en alles, you know.

Maar het jy geweet jy hoef nie op hom te wag om die groot vraag te vra nie?

Niks keer jou om hom op die spot te sit, te propose en ’n honest man van hom te maak nie.

Soos jy nou al klaar agtergekom het, sal jy moet wag vir die dag wanneer die pêre horings kry voordat hy gaan propose.

Nee, genade, maak die eerste move!

Hy kan ook nou nie sê dis te duur om te trou nie, want nou met ongenooide gaste soos corona­virus, mag daar mos nou net 50 guests by jul wedding wees.

Maak plak vas voordat jy vir nóg 25 jaar worry oor wat jy verkeerd doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters