19 dae gelede
Kinders se pa net skoonveld ná hy bonus kry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY KINDERS se pa het laas week bonus gekry en hy het pad gevat.

Antie, ek het hom die hele naweek wat verby is nie met ’n oog gesien nie. Hy antwoord nie as ek bel nie. Of iemand anders tel op, maar praat nie.

Dan hoor ek musiek kliphard in die background speel. Hy maak nie mooi nie.

Hy het die kinders mooi beloof dat hy vir hulle presente en klere gaan koop.

Dis nie die eerste keer dat hy so maak nie. Verlede jaar Krismis het hy dieselfde gedoen en toe beloof dit sal nie weer gebeur nie.

My twee kinders bly vra waar hul pa is en ek weet nie meer watter verskonings om op te maak nie.

Hy het gesê omdat dit corona daar buite is, gaan hy die hele festive by die huis bly. Maar nou maak hy dan nou so met ons. – Hartseer Girlfriend via Whatsapp

Maar kyk so ’n sleg jong!

’n Mens doen nie sulke dinge aan kinders nie.

Hy behoort hom te skaam.

Skaam gaan egter te laat kom vir hom wanneer daai bonus uitge-nice-times-hou is.

Vir hom sien jy nou weer wanneer hy nie ’n enkele sent op sy naam het nie.

Liefie, jy sal beslis moet besin of jy 2021 wil ingaan met ’n jong wat hom verbeel hy is Cedric the Enter­tainer.

Dis duidelik dat jy en die kids glad nie priorities vir hom is wanneer hy ietsie in die bank het nie.

Hou op dat hy jou elke jaar die Krismis-fool maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters