Verlede maand
‘Kerklike’ kêrel wil nou niks weet van ons baby
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS swanger, maar my outjie wil niks weet van die baby hou nie.

Ek is so opgestres, want ons stry nou al ’n paar maande hieroor.

Nou moet ek hoor van sy ouers se posisie in hul kerk en van sy future.

Ek glo nie in aborsies nie.

Ek het ’n goeie werk en kan hierdie kind op my eie grootmaak.

Maar ek het sonder ’n pa groot­geword en voel dat dit net fair teenoor die kind sal wees as die pa ook in sy of haar lewe is.

My boyfriend sien dit nie so nie.

Ek moes maar by vriende van ons hoor hy soek nou kliphard werk in die Kaap.

Toe ek hom hieroor uitvra, ontken hy dit, maar hy kon my nie in die oë kyk nie.

Hoe hanteer ek dié situasie?

Ek sal nooit die lewe kan neem van die lewetjie wat elke dag binne-in my groei nie.

Is dit dan so moeilik vir hom om my standpunt in te sien en te acknowledge? – M van R, e-pos

Dié outjie van jou is ’n lafaard.

Hy was dapper genoeg om lekker binneboud met jou te lê (en dit nogal sonder protection), maar nie braaf genoeg om die responsibilities van pa-wees te accept nie.

Toe hy saam met jou dié goeters gedoen het, toe hoor hy net die gedruis van die see en love songs.

Nou hoor hy hoe vals sy ma en pa se koortjies in die kerk gaan klink.

In hierdie lewe kan ’n mens alles verloor, maar nie jou beginsels nie.

Jou beginsels is wat jou deur die lewe dryf en aanspoor om sekere doelwitte te bereik.

Met dit gesê, moet Antie jou remind dat die lewe van ’n single ma nie ’n maklike een is nie.

Veral nie die klippe wat die mense wat geen sondes het nie, jou kant toe gaan slinger.

Maar jy moet onthou dat daar ook baie vasbyter-vroue in hierdie wêreld is wat hierdie moeilike taak suksesvol aangepak het.

Dit is dus nie onmoontlik nie, maar kan uitputtend wees weens al die mense wat sonder enige regskwalifikasies judges in almal se lewe speel (behalwe hul eie, natuurlik).

As hierdie ou beplan om ’n lange te gooi, need jy ook om seker te maak hy kom sy responsibilities na.

Hy is dalk nie eager om daddy-daddy te speel nie, maar is steeds wetlik verplig om vir hierdie kind te sorg.

Antie hou duim vas dat dinge vir jou gaan uitwerk.

Alle sterkte met die life-changing gebeure wat nou sterk vir jou op pad is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters