Verlede maand
Jong ou is Klaas Vakie as dit by spyker kom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend kom nou al agt jaar aan.

Maar hy bly slaap as dit by seks kom.

Antie, hy is jonger as ek. Hy is 47 jaar oud, terwyl ek 66 jaar oud is. Gee my raad, asseblief. Anoniem, WhatsApp

Dit kan wees dat daar ander dinge is wat ook aan die slaap geval het, soos sy Meneer.

Wat anders kan sy rede wees dat hy meer die slaap verkies as om binneboud met jou te lê?

Aan die ander kant moet daar ook nie van die winter vergeet word nie, hoor. Dis nou so koud dat baie min mense lus is vir die kaalstert-dinge van die lewe.

Daar is ’n ekstra risiko dat Meneer en koue nie hand aan hand stap nie. Hoe dit ook al sy, jy kan hom natuurlik vra oor hierdie slaap-gedagtes van hom. Hy is anyway in ’n baie beter posisie as Antie om jou antwoorde te verskaf.

Liewe Antie Mona

EK HET in 2019 by ’n bank ’n lening vir R23 000 aangegaan.

My laaste paaiement sal in April 2020 wees, luidens die kontrak. Toe kom lockdown waar die president gesê het ons kan ’n payment relief van drie maande kry, maar nou moet ek dan tot volgende jaar Desember betaal en dus in geheel R49 000 terugbetaal. Hoe werk dit dan nou? – Onte­vrede, WhatsApp

Die reël van betaal, is dat jy sal betaal totdat jy al moeg is van betaal. Dis maar nou ongelukkig hoe dit werk wanneer jy lenings of enige ander skuld aangaan.

Jy noem dit nie, maar Antie lei af dat jy jou bank genader het vir ’n payment break en dat dit toegestaan is. Hoekom dit nou sewe maande langer gaan vat om hierdie lening af te betaal, sal net jou bank jou kan sê.

Gaan sien ’n konsultant en vra hulle om die saak aan jou te verduidelik sodat jy die langer betalingstermyn beter kan verstaan.

Indien jy hierna nog steeds nie tevrede is nie, is dit jou reg om die ombudsman vir bankdienste te kontak.

Die ombudsman se WhatsApp-lyn is 0600 123 456. Die landlyn is 0860 800 900, of jy kan hulle ’n e-pos stuur na info@obssa.co.za.

Liewe Antie Mona

DAAI man wat so kla oor sy vrou, praat die reine waarheid, Antie.

Ek sit in ’n soortgelyke bootjie met ’n vrou wat skoons vlug as dit by seks kom.

Sy gaan slaap saans by die kinders en kom net bed toe as ek al slaap.

As ek die volgende oggend wakker skrik, dan sien ek oor maar daar lê niggie skoons ’n kilometer van my af op dieselfde bed.

Dit gaan nou al vir ’n hele paar jaar so aan. As ek hieroor praat, dan is ek die verkeerde een en word daar voorgegee dat ek seksbehep is.

Maar hoe kan ek seksbehep wees as sy die een is wat snoep is vir afgee?

Ek kry bitter min. Ek word meer ’n salaris in ’n jaar betaal as wat ek seks kry.

En as ek wel seks kry, dan is dit met ’n suur gesig en ek mag glad nie lank maak, aan haar raak of haar selfs soen nie.

As ek deur die dag vir haar ’n drukkie wil gee, voel ek hoe sy styftrek en dan wegbeur.

So, affection is ook ’n no-no by haar, Antie.

Ek rook en drink vir jare nie meer nie, maar die vrou het my nou na drank gedryf.

Dit is nie my style om te cheat nie, so toe begin ek maar weer drink om my besig te hou.

Nou is dit ook ’n probleem, maar ek gee nie meer ’n duit om wat sy dink nie.

Antie, ek het uitgefigure dat vroue soos my vrou eintlik damn selfsugtig is.

Solank dinge hul way loop in die lewe, is daar nie fout nie.

Ek het al alles gedoen om dinge ligter te maak vir haar – ek betaal van haar rekeninge, ek maak kos en maak kombuis skoon, ek het al romantiese naweke vir ons geboek ... niks help nie.

Dit skeel my nou min oor hoe naar haar gesig lyk as sy sien ek geniet ’n glasie. Die dop sal my ten minste nie so teleurstel nie. – Anoniem, WhatsApp

Weet jy, dis eintlik sad dat jy nou na ander means­ moet kyk om jou mee “besig” te hou. Wat seker nog meer hartseer is, is dat daar baie ander mans met soortgelyke stories soos joune is.

Antie het dit al time en time again tot vervelens toe gesê: As daar libido of fisiologiese ongesteldhede is, is dit altyd beter om jou wederhelfte hiervan in te lig.

Dan hoef die arme man nie nou te wonder wat dan skeefgeloop het nie. En ek bestraf daai by-die- kinders-gaan-slaap-gees, want dit is nie die oplossing vir die probleme in die slaapkamer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters