Verlede maand
Jong ma raak moedeloos oor werksoekery
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 19 jaar oud met ’n baba en is dringend op soek na werk, maar dit lyk asof ek nêrens werk kan kry nie.

Oral waar ek kom, sê hulle hulle gaan my laat weet, maar niemand bel my ooit nie.

Ek het al hoop opgegee, Antie. Moedelose Ma

Om ’n werk te kry was nog nooit ’n maklike taak nie, maar met Covid-19 wat vanjaar so amok maak, is dinge egter baie moeiliker as vantevore.

Meisa, tou kan jy egter nie wil opgooi nie. Jy het immers ’n kind vir wie jy moet sorg.

Aanhouer wen en een of ander tyd gaan daai oproep deurkom dat jy ’n werk gekry het.

’n Mens raak moedeloos en ’n mens gaan deur daai dips waarin jy alles net wil los.

Maar jy is nog jonk, jy het die dryfkrag en energie en moet aanhou soek en klop totdat ’n deur in die lewe vir jou oopgaan.

Jou kind behoort ook die rede te wees hoekom jy moet aanhou probeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters