8 dae gelede
Jong dame kan nie van ou vergeet nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK is ’n jong dame en was vier maande in ’n verhouding.

In dié tyd het ek baie geheg geraak aan my outjie, maar hy het my gelos vir iemand anders.

Ja, ons was nie vir lank saam nie, maar dis moeilik vir my om net van hom te vergeet.

Dit maak baie seer, want ek is nog baie lief vir hom.

Ek weet nie hoekom hy my gelos het nie. Hy kan my nie ’n goeie rede gee nie.

Hoe moet ek maak? Hy sê hy is nog lief vir my, maar dat ek van hom moet vergeet. Maar ek kan nie! – Hartseer, WhatsApp

Deur te sê dat hy nog lief is vir jou, maak hy jou net meer confused. Só hou hy net sy deur oop by jou in case sy nuwe verhouding nie uitwerk nie!

Liefie, dis g’n lekker om jou hart gebreek te kry deur iemand wat jou so disappoint nie.

Maar die feit van die saak is dat julle nie meer ’n couple is nie. Die seer sal daar wees, maar darem ook nie vir altyd nie.

Die beste ding wat jy kan doen, is om aan te beweeg met die wete dat jy beter verdien as iemand wat jou ná net vier maande gedrop het.

En dit dan nog sommer sonder ’n rede.

Wat belangrik is om te onthou, is dat hy nie jou liefde en trane werd is nie.

Iewers daar buite loop jou ware pot se deksel rond. Iewers daar buite is ’n ou wat lief is vir jou en jou alleen – nie iemand wat hop van die een verhouding na die ander nie.

Droog daai trane van jou af en cut jou losses. Dis anyway sy loss as hy dom genoeg is om iemand soos jy deur sy vingers te laat glip.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters