Verlede maand
Jong couple wil seks se vuur weer stook
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is hierdie jaar 9 jaar getroud en het saamgestem dat dinge ’n bietjie dull geraak het tussen ons.

Ons is albei in ons 30’s en nog veels te jonk om soos ’n ou couple saans net by die huis te sit.

Antie, ons het twee oulike kinders vir wie ons obviously baie lief is.

Maar in die gehaas van werk en parenting, het ons bietjie touch met mekaar verloor.

Seks is byvoorbeeld nou iets wat vir ons amper vooraf in ’n dagboek bespreek word.

Daar is niks natuurliks meer omtrent ons liefdesdaad nie – dis soos ’n taak wat ons moet verrig.

My man het die onderwerp opgehaal en ek het dadelik saam hom gestem, want ek het ’n hele ruk nou al dieselfde ding agtergekom.

Toe ons nog gedate het en voor die kinders kon ons nie genoeg van mekaar kry nie.

Ons het selfs laat gaan werk sodat ons nog die oggend die bed kon laat raas.

Ná ons troue en met die koms van ons kinders, het dinge stiller geraak.

Ek weet my man is lief vir my en ek vir hom, maar ek wil nie enige kanse vat nie.

Daar is baie honger vroue daar buite wat op veral getroude mans wil teer.

Ons albei sou dink oor wat ons kan doen om dinge ’n bietjie op te spice, maar die eintlike waarheid is dat ek maar uit die oudedoos is.

Kan Antie dalk bietjie help? Hoe sit ’n mens weer die vlam en romance terug in die huwelik? – Mrs X, E-pos

Die belangrikste ding wat julle klaar achieve het, is dat julle albei saamstem dat die sake van die slaapkamer vervelig begin raak het.

En wat Antie nog méér impress, is dat julle nie in mekaar se keelgat ingespring het hieroor en mekaar wild beskuldig het nie.

Ons almal se lewe beweeg konstant. Werk is demanding, en kinders verg ook ons aandag en commitment.

Baiekeer ly die romance onder hierdie malle gehaas.

Die lewe put veels te veel couples eenvoudig so uit dat hulle al hoe minder tyd met mekaar spend.

Die liefdesvlammetjie begin dan al hoe flouer te brand en voordat jy jou oë uitvee, is daar ’n verleidelike adder in die gras.

Antie sou reken julle moet teruggaan na die basics. Ek voel julle moet ’n date night vir julle tweetjies eenkant sit.

Kry ’n nanny wat na die kinders kan kyk en gaan bietjie uit.

Gaan vir ’n romantic ete, ’n walk by die beach waar julle handjies vashou en net weer diep in mekaar se oë kan staar sonder dat ’n kind aan jou rokspant trek en demand om met jou selfoon te wil speel.

Moet ook nie skuldig voel dat julle die kinders “afskeep” deur dinge op jul eie aan te pak nie.

En as julle saans gaan slaap, haal maar weer daai stoute nagkleertjies uit wat jy so diep agter in die kas weggepak het.

Dit het nou wel al ’n bietjie begin reën, maar dis darem nog nie so koud dat jy jou van kop tot tone met ou vervelige pajamas hoef te beklee nie.

Tap ’n lekker warm bad vir mekaar met lekker, sagte love songs wat in die agtergrond speel. Skep ’n mood vir stout wees.

Intimiteit is ’n wonderlike gift vir couples om te connect, bietjie binneboud te verkeer en net weer mekaar se geselskap te enjoy.

Praat met manlief hieroor sodat jul albei kan opkom met idees wat vir julle albei sal werk.

Liewe Antie Mona

MY OUERS hou net niks van my nuwe girlfriend nie.

Ek weet nie wat hulle teen haar het nie, maar dit maak die vibe niks lekker as ons gaan kuier nie.

Ek en my girl is nou ’n jaar en ses maande saam en ek kan sien sy enjoy dit glad nie om my ouers te gaan visit nie.

Wat kan ek maak, Antie? Ek is lief vir my girl en haat dit om haar so unhappy te sien.

Ek wens my ouers kan regkom, maar hulle raak met elke visit net erger. – Bekommerde Boyfriend

Dit kan nogal taamlik ongemaklik wees as die ouers geen ooghare vir jou meisie het nie.

Om heeltyd te hoop dat hulle na die paartie sal kom, is egter nie die oplossing nie.

Dis tyd dat jy Mamma Bul en Pappa Bul by die horings vat en hulle vra wat hul storie is.

Kyk, ouers wil net die beste vir hul kinders hê en besef soms nie dat hierdie begeerte van hulle kan interfere met hul kind se geluk nie.

So ’n straight heart to heart met jou ouers – jy alleen – behoort meer duidelikheid te gee oor waarom hulle so optree en hoe julle kan voortgaan om met hierdie gevoelens van te deal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters