14 dae gelede
Joller-eks lok my terug vir ’n warme sessie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS tans in my tweede huwelik en my man is 15 jaar ouer as ek.

Antie, ons het lank ná sy vrou se afsterwe involved geraak.

Hy het twee groot kinders met wie ek baie goed oor die weg kom.

Hy is ook ’n lieflike man wat my op die hande dra, nog nooit sy hand vir my gelig het nie en uit sy pad gaan om dinge vir my te doen.

Die probleem is egter waar hy ’n baie nice mens is, is hy nie so nice in die bed nie.

Vir ’n punt uit 10, moet ek hom ongelukkig ’n 2 gee, en dít gee ek net omdat ek nice probeer wees.

Ek het gehoop die man se performance sal met tyd verbeter, maar niks maak nie.

My eksman, aan die ander kant, was ’n animal in die bed. Hy het nooit opgehou totdat ek ten volle satisfied was nie.

Maar waar hy uitstekend in die bed was, was hy weer nie so ’n goeie mens nie. Hy het my gereeld geslaan, verhoudings met ander vroue aangeknoop en selfs uit ons huwelik ’n kind gemaak.

Ek kon later nie meer hierdie abuse verduur nie en het geskei. ’n Paar jaar later het ek my huidige man ontmoet.

Antie, ek het nou weer my eksman raakgeloop. Seker so ses maande gelede.

Hy is steeds single en sê hy kan steeds nie oor my kom nie. Hy kan nogal ’n charmer wees.

Anyway, ons het nommers uitge­ruil en WhatsApp gereeld.

Hy het ’n paar weke gelede vir my iets gevra wat my aan die wonder gesit het.

Hy het my gevra of ek tevrede gestel word in die bed. Ek wou eers nie antwoord nie, maar hy het aangehou en ek het toe erken dat ek nie gelukkig in die slaapkamer is nie.

Ons het toe gechat oor die stoute goed wat ons altyd aangevang het en, snaaks genoeg, dit het my sommer laat verlang na daardie dae.

Nou sê hy hy sal as ek wil. Ek weet wat hy bedoel, maar ek is nie iemand wat affairs aanknoop nie.

Ek kom uit ’n huwelik waar hy dit aan my gedoen het en ek weet hoe seergemaak ek gevoel het.

Ek kan dit nie aan my man doen nie. Hy verdien dit nie.

Maar ek is ook maar net van vlees en bloed, Antie. Ek smag na ’n lekker sessie waar ek ook voel dat ek tevrede gestel is en nie net asof ek vinnig gehit en run is deur iemand wat kort daarna weer aan die snork is nie.

My hart sê vir my ek moet dit ’n go gee.

My mind skop teen die karre.

Wat staan my te doen?

Is dit so erg om ook net tevrede gestel te wil word? Mevrou D, E-pos

Vrou, jy moet nou mooi vir Antie luister. Baie mooi.

Ek hoop dat ons ná hierdie nie weer ’n gesprek hieroor hoef te hê nie. Dit geld sommer ander vroue ook wat so geworry is oor die vlees­like welstand van hul huwelik.

Dis weinig dat ’n mens alles in die lewe kry wat jy wil hê. Bitter weinig. Jy was in ’n huwelik waar jou vel van jou gesig afgetrek is. Toe kry jy ’n tweede kans op geluk met jou huidige man.

Nou wil jy hierdie geluk in gevaar stel deur jou man te verneuk met dieselfde jong wat jou soveel pyn en verdriet in die lewe besorg het.

Dinge kan nie net oor jou wil gaan nie. Jy wat gesatisfy wil word nie. Jy wat bewerk wil word tot jou tone van genot krul nie …

As hierdie man van jou nie volgens jou sy kant in die bed bring nie, spring jy nie in iemand anders se bed nie. Nogal jou eksman, van alle mansmense!

Wat jy nou doen, is om te probeer om die saak reg te stel. Hoe weet jy daar is nie ’n ander way om die issue aan te spreek nie?

Hoe weet jy daar is nie dalk ’n mediese kwaal wat deur ’n pilletjie of twee uitgesort kan word nie?

Hoe weet jy dinge kan nie beter gaan as jy net voorstelle aan hubby maak oor hoe jy graag hande opgelê wil word nie? Wie weet, dalk is hy ook ’n animal, maar hy respekteer jou net te veel om dit te wys.

Moenie met geluk speel nie, want as geluk by die voordeur uitstap, kyk sy nie weer terug nie. Sy kap al aan na ’n plek waar sy gerespekteer en waardeer gaan word.

En glo jy regtig hierdie joller-eks is single en dat hy nie maar sy selle ou flou kaarte skiet om jou panty-rek pap te kry nie? Dink baie mooi voordat jy ’n ding begin wat jy nie sal kan klaarmaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters