23 dae gelede
Hy soek meisie terug wat weer by ou boyfriend is
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n meisie, BD, van A gehad.

Haar familie het hier op my grond gebly.

Haar neef is onlangs dood aan corona en ek is baie hartseer.

Sy is terug A toe na haar vorige boyfriend.

Haar neef het vir agt jaar hier gebly saam met sy dogter en twee kleinkinders en hulle het nie rent betaal nie.

Laas week toe ek uit die werk kom, was hulle weg. Hulle het alles afgebreek en selfs my meubels gevat. Hulle het my nie eens gesê hulle trek nie, selfs al was ek nog die vorige aand by hulle.

Ek het intussen ’n klag van diefstal by die polisie gaan lê.

Tot op my duvet-stelle waarvoor ek gewerk het, het hulle gevat.

Sy het nie eens die decency gehad om my te sê sy gaan terug na haar boyfriend toe nie.

Hy werk nie eens nie, kan niks vir haar koop nie en bly in die huis saam met sy ma-hulle waar hy net ’n disability grant kry. Niemand anders werk in daai huis nie.

Ek het haar alles gegee. Sy het met my salaris gewerk. Ek het elke maand my bankkaart vir haar gegee. Selfs my kind se disability-bankkaart het sy ook mee gewerk.

Ek het vir haar ’n ring gekoop wat sy elke keer vir my teruggegee het as ons so gestry het.

Ek is nog lief vir haar.

Ek gee om vir haar en wil nog daar wees vir haar.

Het Antie dalk enige raad vir my? – Hartseer Boy­friend, WhatsApp

Jy sien dit miskien nie nou so nie, maar hierdie meisie wat die pad gevat het, is ’n vroeë Krismisboks vir jou.

Wat jy gekry het, is stank vir dank. Veral ná alles wat jy vir haar gedoen het.

As sy dom wil wees, moet jy haar allow om dom te bly.

Dié girl sal baie gou haar fout agterkom wanneer sy besef haar ou-nuwe berk se Sassa-kaart kan haar nie wine en dine soos jy haar gespoil het nie.

Sy sal seker weer met een of ander liegstorie na jou toe hardloop en vra vir nog ’n kans.

Maar dis hier waar jy wakker pies moet kou en moet besef dat hierdie meisie se enigste mission nog altyd was om jou uit te vreet.

Ten spyte van global warming, is daar nog baie visse in die see.

Kry eerder vir jou iemand wat eerlik en opreg is en nie net saam met jou wil wees vir toegang tot jou bankkaarte nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters