14 dae gelede
Hy kry skok van sy lewe toe hy meisie besoek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van K en was vir sewe jaar in ’n verhouding met ’n meisie.

Ek moes eendag op ’n week lange kursus in die Kaap gaan.

Ná afloop van die kursus het ek sommer reguit na my meisie se huis in B gegaan.

Daar gekom, kry en die skok van my lewe.

My girlfriend lê toe kaal in die bed met my beste vriend.

Antie, ek het net daar omgedraai en is terug na my huis toe.

Sy bel my nog af en toe en smeek my dan om haar te vergewe.

Wat dink Antie moet ek doen?

Ons was baie, baie lief vir mekaar.

Gee vir my raad, asseblief. –D van K, WhatsApp

Jô, hierdie moes natuurlik die moeder van alle skokke vir jou gewees het.

Een wat jou seker nou nog nagmerries gee.

Dit was seker ook ’n ou ding van hulle om so agter jou rug tekere te gaan.

Vergifnis is iets wat slegs jy kan gee. Soos gewoonlik het hierdie meisie eers besef wat sy verloor het toe dit te laat is.

Maar of jy haar weer ’n kans wil gee, is iets wat slegs jy kan beantwoord.

Doubt en jaloesie kan mos soos ’n slang in jou oor kom fluister.

Maak seker dat indien jy jul verhouding weer ’n kans wil gee, jy bereid is om die verlede agter te laat en met ’n skoon blad te begin.

Dit gaan julle twee niks in die sak bring om weer te begin en dan is daar altyd ’n gewonder of sy nie steeds met hierdie vriend van jou slaap nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters