Verlede maand
Hy kan nie vrou se rondkykery hanteer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 35 jaar oud en die vrou met wie ek is, is ouer as ek.

Ek het eerste begin buite die deur kyk, want sy kon nie vir my gee wat ek wou hê nie. Nou het sy begin om iemand anders te sien en ek kan dit nie handle nie.

Dit voel asof ek van my kop af kan raak. – Boyfriend, WhatsApp

Sien jy nou waarnatoe “buite kyk” kan lei?

Jy besef nou hoe sy moes gevoel het toe jy met jou streke besig was.

Hierdie was dalk aan die begin ’n attempt om jou terug te kry, maar dit lyk asof dinge lelik uitgedraai het. Dit lyk asof haar revenge nou nie meer brieke het nie en dit voorspel niks goeds vir jul verhouding nie.

As sy nie haar dinge wil laat staan en bereid is om die skade aan jul verhouding te herstel nie, is dit tyd dat jy die waarheid face – jul verhouding is oor.

Jy het dan die jol-dier in haar wakker gemaak en wat sy ook al nou geproe het, laat haar nie meer worry oor jul verhouding nie.

Dit is dan tyd om dinge te beëindig, aan te beweeg en uit hierdie les te leer. Hopelik laat hierdie jou in ’n volgende verhouding besef dat jy nie net mense se feelings kan seermaak en dan is daar nie consequences nie. Soos jy nou agtergekom het, is dit ’n seer, seer gevoel as mense jou verneuk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters