11 dae gelede
Hy bliksem haar blou, maar sy bly lief vir ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 23 jaar oud en my hart is so seer, want my kind se pa het my gelos toe ek swanger was.

Maar hy het dit vir my weggesteek. Hy het getrek om vir hom ’n ander werk te kry en vir my gelieg dat hy by ’n vriendin bly.

Ek het eers uitgevind toe my kind drie maande oud was.

In daardie tyd het hy steeds by my gekom en saam my geslaap.

’n Paar dae gelede het hy vir my die waarheid vertel.

Die “vriendin” by wie hy bly, is al die tyd sy girlfriend, sy eerste kind se ma. Ek is in stukke. Wat kan ek doen, Antie? Nicky, Whats­App

So, hierdie ou het jou regdeur jou swangerskap aan ’n lyntjie gehou. Weet sy meisie ooit van jou en jul kind? Dit klink vir Antie asof hy uit sy pad gegaan het om hierdie liegstorie op te dis en jou te bedrieg.

Dit is jammer dat hy so met jou gemaak het, maar met tyd sal jy oor hierdie jong kom.

Jy moet nou eers seker maak dat hy sy kind support.

Jy praat van jou hart wat in stukke is en hy wat nog tot onlangs by jou kom slaap het, maar nêrens noem jy van hom wat sy kind support nie.

As hy nie sy pligte nakom nie, is dit jóú plig om na jul naaste kinderhof te gaan en die proses vir maintenance aan die gang te sit. Jy is klaar down en out. Antie wil nie preek nie.

Maar ek raak mos bebloed as ek elke keer moet hoor van ’n jong meisie wat met ’n jong gaan lê en sodra daar ’n kind in die picture kom, dan verdwyn die jong.

Om te sê dat seks iets is wat vir die huwelik moet wag, vind lankal nie meer aanklank by jongmense nie.

Maar meisies, as julle wel besluit om met ’n jong te lê, gebruik voor­behoed, asseblief.

Hy hoef nie te weet nie en dis beter as om later met kind en al gedrop te word en dan move hy net aan, asof jy en die kind net chapters in sy geskiedenishandboek is.

Liewe Antie Mona

EK HET ’n 24-jarige dogter wat twee kinders by verskillende mans het.

Die tweede kind se pa is ’n skollie en het twee kinders by ’n ander meisie. Hy het my ook al geslaan en wil haar nie uitlos nie.

Hy slaan haar blou en sy keer haar rug op haar oudste seun.

Hy wil nie eens hê sy moet na haar kind kom nie.

Sy bly vir ’n week by hom, maar sodra sy ander kinders se ma kom, dan jaag hy haar soos ’n hond weg.

Sy kom dan huis toe, maar dan sê hy net twee woorde aan haar, dan hardloop sy weer terug na hom.

Hy het ook vir my wat haar ma is geslaan, wat baie verkeerd is.

Hy het haar broers ook al geslaan, maar sy wil nie van hom wegbly nie.

Sy verkies hom terwyl hy nie eens vir haar kan sorg nie.

My dogter gooi haar eerste seun weg en sal nie eens bel om te vra hoe dit met hom gaan nie.

Sy bly skoons uit haar werk uit om vir hom te sorg, maar sy kan nie eens vir haar eie kinders sorg nie. Ek het baie mense om hulp gevra, maar niemand kan my help nie. Sy het nooit voorheen gedrink nie, maar hang nou op smokkeljaarte uit. As sy nie wil drink nie, dan slaan hy haar. Moedelose Ma, WhatsApp

Dis verskriklik hartseer om te sien hoe jou kind haar lewe met hierdie ding wegsmyt.

Nie eens die feit dat hy sy hande vir jou en haar broers gelig het, laat die skille van haar oë afval nie. Hierdie tipe ouens is ’n etter-breed van jongens wat meisies verniel en slaan totdat hulle blom van lelikheid ... en dan trek hulle koel terug na hul eks.

Dis amper asof hierdie jong ’n goue move het waarvandaan sy nie kan wegkom nie. In die proses skeep sy haar ander kind gruwelik af en rig groot skade aan in haar verhouding met die res van haar familie.

So, hoe gemaak met iemand wat nie wil sien hoe sy besig is om haar lewe te verwoes nie?

Julle kan haar nie force om van hierdie ou weg te bly nie – nie terwyl sy nie kan sien watter gif hy is nie. Maak haar sit. Laat sy weet julle is lief vir haar en wil haar help om die cycle te breek, maar dat sy ook haar deel moet doen om uit daardie man se kloue te kom.

Die Saartjie Baartman-sentrum vir abused vroue en kinders is een van talle wonderlike plekke wat sulke ma’s van hulp kan wees.

Bel die sentrum by 021 633 5287 en luister hoe jy jou dogter by een van hul programme kan inskakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters