Verlede maand
Heks van ’n ouma hou my weg van my kids
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS kwaad. Ek het my werk verloor as gevolg van die pandemie.

My kinders bly by hul ouma, die ma se ma. En dis ’n ouma so reg uit die hel uit.

Sy abuse my kinders geestelik en fisiek. Aangesien ek nou nie werk nie, het sy ’n interdik gekry wat my verbied om by my kinders te kom.

Toe ek gewerk het, het ek my kinders bederf. Sy is so lelik – my kids kom vertel my en hulle kom altyd huilend hier by my aan.

Eendag het my meisiekind haar vir brood gevra, toe vat sy die brood en gee dit voor haar vir die hond.

Sy is van daai soort wat eers ’n pakkie sigarette sal koop voordat sy brood of krag koop, en agterna sal sy die kids skel oor daar nie brood of wat ook al is nie. En sy noem haar ’n bekeerde vrou.

As ek met haar wil praat, skel en raas sy dat die hele straat antwoord gee.

Antie, wat kan ek doen? Ek is bang ek verloor myself en doen iets aan daai heks van ’n vrou.

Hul ma stel nie in hulle belang nie; het nog nooit nie. En hulle kan verskriklik baie lieg.

Ek was al by die welsyn, maar hulle doen net mooi niks nie. Ek is gatvol dat my kinders so lelik behandel word. Gatvol, Antie.

Ek gaan daai vrou iets aandoen. Op die oomblik voel dit asof daai interdik my nie gaan keer nie.

Gee my raad, asseblief. Gatvol Pa, WhatsApp

Hierdie klink sowaar soos ’n ouma uit die diepste put van die hel.

Maar hoe ook al sy jou omkrap, is dit baie belangrik om ter wille van die kinders kalm te bly en kop te hou.

Sien, wat jy dalk in ’n oomblik van kopverloor kan doen en sê, kan haar greep op die kinders net ver­stewig en jou saak by die welsyn swakker maak.

Koel, kalm en berekend – dis hoe jy die situasie moet hanteer.

Samel ál die bewyse oor hierdie abuse in wat jy dan aan die maatskaplike werker en kinderhof kan voorlê.

En in die mean time kyk jy uit vir ’n werkie – hoe skaars dit ook al op die oomblik mag lyk – sodat jy aan die hof kan bewys dat jy vir jou kinders kan voorsien as hulle in jou sorg geplaas word.

As biologiese pa het jy die reg tot toegang tot jou kinders. Antie vermoed daai interdik is uitgehaal om hierdie reg van jou in die kiem te smoor, maar jy kan ’n navraag/vertoë toe die hof rig om hierdie interdik hersien te kry.

Daar word ongelukkig nie uitgewei op watter gronde dié interdik in die eerste plek toegestaan is nie.

Dit gaan hier oor die belange van die kinders. ’n Ouma wat só met haar kleinkinders is, is in my oë nie ’n mens nie.

Dit is ’n ding wat ’n kind erger as ’n hond treat.

Doen alles in jou vermoë om weer op jou voete te kom, sodat jy aansoek kan doen om volle toesig oor jou kinders.

Liewe Antie Mona

EK’S swanger, maar verlief op ’n ander outjie.

Hy is nie my kind se pa nie, maar ek en hy het in die past ’n fling gehad.

Hy en my kind se pa is baie goeie vriende, maar ek hou meer van hom.

Ek en die baby se pa, G, was ook eintlik net ’n fling waarby daar nie feelings is nie.

G het ’n meisie, maar het gesê hy sal vir die kind sorg.

Ek en dié meisie sit pal vas, want sy wil haar lekker hou, maar haar ou is ’n cheater.

H is die ou van my drome. Hy is sweet en kind en laat my baie lag. Hy is vol jokes en dit is net wat ek nodig het in my lewe.

H is dalk ’n charmer, maar hy’t nie ’n meisie nie. Hy is ook een wat nie op ’n meisie sal cheat nie.

Ek is nou vier maande swanger en sal graag wil hê dat H ’n daddy vir my kind moet wees.

Maar hoe approach ek hom, Antie? Hy dink ons is net goeie vriende en dat ek iemand is in wie hy lekker kan confide.

Ek wil nie ons frienship verloor nie, maar ek kan die feelings vir hom ook nie stilmaak nie.

Moet ek die kans waag en hom sê hoe ek rêrig oor hom voel? Miss R, WhatsApp

Liefie, hier is so baie wrongs in hierdie WhatsApp van jou dat Antie skoons verdwaald voel.

Ek mean maar, hoe gaan maak jy ’n baby met iemand vir wie jy niks voel nie en wat jy weet ’n ander girlfriend het?

Daar is nou ’n baba op pad wat eendag net so confused gaan wees.

Hierdie kind se confusion sal jy nie eendag met ’n pakkie Flings kan genees nie.

Truth be told: H mag dalk nice en vol grappe wees, maar daar is min kans dat hy sal wil pa staan vir ’n ander man se kind. ’n Ander man wat nog sy vriend ook is! Jou kind het ’n pa en G is die een wat verantwoordelikheid sal moet vat vir julle twee se fling.

Daar wag baie uitdagings op jou sodra die babatjie gebore is. Moenie nog vir meer drama gaan soek nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters