Verlede maand
Hardwerkende man kry net nie 'n girl nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS G van M, 40 jaar oud en het vier kids.

Ek is ’n hardwerkende man, glad nie lui nie, maar sukkel om ’n werk en ’n meisie te kry. Antie, ek is nou al twee jaar single en wonder of ek te verantwoordelik of te boring is.

Ek is dan so ’n goeie mens. – G van M, WhatsApp

Daar is diegene wat glo die meisie aan die arm kom saam met die pay-pakkie. Maar dan is daar weer goeie vroue wat deur dik en dun by ’n man sal staan.

Werk is ’n baie skaars ding. Korrupsie is meer volop as werk.

Wat nou belangrik is, is om ter wille van jou kinders ’n werk los te slaan. Die ander dinge sal later in plek val. Alle sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters