21 dae gelede
Haar druggie-broer wil ma se Sassa-geld ook hê
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY BROER gee ons ma groot probleme.

Hy maak groot drug-skuld en siende dat hy as ’n sekuriteitswag werk, kan hy dan nie eens die helfte van hierdie skuld betaal nie.

Hy verwag so wraggies as my mammie haar Sassa-geld kry, moet sy die res van sy skuld betaal.

Dan dreig hy haar om hom nóg geld vir drugs te gee.

Ek soek ’n plek waarheen my broer gestuur kan word.

Hy slaan nou nie my mammie nie, maar ek vermoed dat hy haar boelie met woorde.

My pa is in die huis, maar doen niks aan die saak nie.

Hy kan onbeskof met my wees, maar doen niks aan my broer se drug-saak nie.

My ouers rook en drink nie. Ek en my kind slaap nou al vir 10 jaar op ’n bankie in die voorhuis.

Het Antie raad vir my, asseblief? My kop is al seer van dink oor die saak. – Moedelose Sus­ter­, WhatsApp

Jou broer lig dalk nie sy vuiste vir jul ma nie, maar hy abuse haar.

Nadat sy met moei­te sy stert vir hom grootgemaak het, moet sy nou nog sy drug habits ook onderhou.

Daar is niks in hierdie lewe wat dit wat hy aan haar doen, justify nie. Niks!

Hy is ’n skaamtelose jong man wat nie eens mans genoeg is om sy eie dwelm-hobby te onderhou nie. Pure skuim van die aarde, hierdie broer van jou.

Dit gaan moeilik wees om hom so ver te kry om te admit dat hy ’n dwelmprobleem het en hulp daarvoor te soek.

Teenkanting gaan jy beslis van hom en dalk van jou ouers se kant af ook kry.

Sien, die situasie is al so genormalise dat die ander mense in die huis maybe nie eens meer fout sien met sy gedrag nie.

Al wat hier gaan werk, is as hy uit die huis geskop word om op sy eie te sien en klaar te kom.

Hy is een van daai voëls wat al lankal die nes moes verlaat het. As hy op sy eie bly en rent moet betaal, sal daar dalk nie geld vir drugs wees nie.

Daar is verskeie rehab-sentrums wat jy kan opsoek en om hulp kan nader. Hulle het egter ellelange waglyste. Maar dis ook belangrik dat jou broer bereid moet wees om gehelp te word.

Vir nou is dit belangrik om jou ouers te bearbei en hulle te laat sien dis nie nodig dat hulle op hul oudag so hostage gehou word deur ’n druggie-seun nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters