17 dae gelede
Haar dropper-eks soek dalk weer by haar seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 21-jarige meisie en is steeds lief vir my eks.

Ons het vyf jaar uitgegaan. Ek was laas jaar swanger van hom, maar het ’n miskraam gehad.

Ek het gegaan vir sielkundige hulp om hieroor te kom. Nie lank nadat ek die baba verloor het nie, het ons opgebreek en hy het toe aanbeweeg.

Ek het ook drie maande later aanbeweeg. Ons het toe alle kontak met mekaar verbreek, maar verlede week het hy weer kontak met my gemaak.

Hy het my gebel en gesê dat hy my mis en weer in my company wil wees en dat hy lief is vir my.

Maar omdat hy in ’n verhouding is, weet ek nie hoe om die situasie te hanteer nie.

Iewers in my het hy my liefde vir hom weer wakker gemaak. Hoe maak ek, Antie?

Gee my raad, asseblief. Deurmekaar Meisie, WhatsApp

Liefie, wat ook in jou wakker gemaak behoort te word, is hoe hy in sy afwesigheid geskitter het toe jy in jou darkest hour was met die miskraam. Antie het aanvanklik gedog julle het opgebreek oor hy nie met jul verlies kon deal nie, maar hy het jou gedump om aan te beweeg met iemand anders. Sommer nét so. Sommer net nadat julle jul baby verloor het.

Dit sê vir my dat daar al hoeka iemand anders in die prentjie was. Iemand anders wat nie meer vir hom goed genoeg is nie.

Hy klink na die tipe ou wat hom uit die voete maak as daar ’n krisis in ’n verhouding opduik.

Sien jy regtig weer kans vir ’n ou soos hy wat nie deur dik en dun by jou kan staan nie? ’n Ou wat nou weer feelings-goeters vir jou het terwyl hy in ’n verhouding met iemand anders is?

Laat dit jou nie wonder of hy ook feelings vir iemand anders openbaar het toe hy jou in jul tyd van diepe hartseer moes bygestaan het nie?

Kyk, aan die einde van die dag is dit jóú decision om te maak. Jy is ál een wat kan besluit of jy hom gaan vergewe omdat hy jou so gedrop het.

Maar Antie wonder hoekom hy nóú, maande ná jou trauma, weer gedagte kry dat hy lief is vir jou.

Waarvandaan probeer hy nou weer weghardloop?

Liewe Antie Mona

EK CHAT saam met ’n girl en ons kom goed oor die weg.

Sy het ’n boyfriend en reeds twee kinders.

Ons is vriende, maar ek het gevoelens vir haar.

Antie, wat kan ek maak? Chatter, WhatsApp

Jy gee nie juis ’n clue oor wat jou laat glo dat jy ’n kat se kans by haar staan nie.

Ook wei jy nie uit waaroor julle chat nie.

Maar van die bietjie wat jy wel share, sal jy baie mooi moet dink.

Dit klink asof jy net friendship uit hierdie gechat gaan kry. Of dink jy hierdie meisie gaan haar kinders se pa los vir jou? Is jy ook bereid om iemand anders se kinders in die naam van chat groot te maak? Die oomblik as jy haar gaan sê hoe jy oor haar voel, gaan julle nie meer so lekker chat nie.

Liewe Antie Mona

EK HET my vroutjie aan die dood afgestaan en nou is ek stoksiel­alleen.

Ek sal nie sê eensaam nie, want my kinders is nog by my.

Ek is al oor die 60 jaar oud, maar ek werk nog.

Dis daardie tyd dat ek dink, kan ek nie maar vir my ’n maatjie kry nie? Net om dinge vir my ’n bietjie gemaklik te maak.

Maar aan die ander kant, dink ek weer dit sal net ’n waste of time wees, want ek weet nie hoe ek met ’n ander vrou sal regkom nie, want my oorlede vrou was ’n vrou so na aan my hart. S van die Boland, WhatsApp

Dalk moet jy nie na die situasie kyk as “vrou soek” nie, maar net “op soek na geselskap”.

As jy vriendskappe kan bou met die teenoorgestelde geslag, weet ’n mens dan nooit wat daaruit kan kom nie.

Dit kan ’n goeie vriendskap for life wees, of selfs liefde wat tot trou kan lei.

Niemand sal ooit jou vrou kan vervang nie, want wat julle gehad het, was spesiaal. Maar jy kan ’n vriendskap met iemand spesiaals aanknoop, wat dalk daai eensaamheid binne jou sal stilmaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters