20 dae gelede
'Goeie man' wil saam ander meisies ook lê
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS V van die Baai en het iemand ontmoet wat ’n pa van twee kinders is.

Ons het begin chat en hy het sommer lekker in my hart ingekruip.

Ek het verlief geraak op hom, maar onlangs het hy my gesê hy wil my nie meer sien nie.

Hy sê hy wil nie my hart breek nie, want hy gaan met ander meisies ook lê.

Hy sê hy wil change, Antie. Ons het gestry hieroor en om hom jaloers te maak, het ek hom ’n pic van ’n ander man gestuur.

Hy was baie kwaad en het my geblok. Nou probeer ek dinge regmaak. Hoe kan ek maak? Hy is ’n baie goeie mens. V van die Baai, WhatsApp

Meisa, laat hom asseblief toe om al aan soentoe te lê.

’n “Goeie mens” wat met ander meisies wil lê?

Hierdie man speel met jou gevoelens. Dit sal Antie nie verbaas as hy getroud is en dinge nou te warm vir hom begin raak het nie.

In hierdie lewe buig jy nie meer agteroor vir ’n man nie. Tensy jy en jou wettige man intiem verkeer.

Moenie onnodige drama in jou lewe invite nie. Los dié jol-Satan uit. Hy klink darem ver van ’n man af wat kamma-likes wil change.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters