Verlede maand
Girl vat paranoia nou té ver tydens pandemie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie of iemand al hieroor by Antie gekla het nie, maar ek voel my motjie gaan darem nou te ver.

Antie, ek verstaan dat Covid baie gevaarlik is en al daai jazz.

Omdat ek ’n verantwoordelike mens is, het ek ook al gegaan vir altwee my jabs.

My meisie van ses jaar was maar nog altyd bang vir goed – spinnekoppe, karre wat na haar sin te vinnig ry, you name it.

Maar seks met ’n masker op? Dink Antie nie dis ’n bietjie te erg nie? Ons mag ook nie meer vry nie, want sy is bang ons kan mekaar so met die virus aansteek.

En verder moet ek ’n kondoom dra en nie te lank besig wees nie, want die bodily contact kan veroorsaak dat sy die virus opdoen.

Ons bly nie saam nie, maar ek sorg dat ek nie met onnodige mense meng nie en te alle tye alle maatreëls toepas.

Sy het ook albei haar jabs gekry en ek verstaan dit guarantee nie dat ons nie die virus sal opdoen nie. Maar sy wil dan nou vir my soos ’n steriele lab rat kom staan en treat.

Seks moet ook gedoen word terwyl sy haar pajamas dra, want onthou – bodily contact moet so min as moontlik wees.

Nee, Antie, hierdie dinge werk nou op my.

Ek is te skaam om vir my vrinne te vra of hulle ook sulke stront moet deurmaak, want ek is bang hulle lag my uit en ek is die clown van die town.

Is dit normaal om so op te tree? Hoe kan ek my girl sover kry om nie so paranoid te wees nie, want ek weet eerlikwaar nie hoeveel langer ek dié paranoid gedagtes gaan entertain nie.Gatvol Berk, WhatsApp

Daar is niks snaaks omtrent jou dilemma nie, maar Antie kan dan nou nie daai prentjie van julle met jul maskers op uit my mind kry nie. Om nie eens te praat van hoe spooky daai lekkerkry geluide van agter ’n masker moet klink nie.

Antie moet eerlik wees: in hierdie amper twee jaar dat ons met Covid deal, het ek nog nooit so ’n brief ontvang nie, maar dit surprise my ook nie.

Ongelukkig is daar deesdae niks normaals omtrent die lewe wat ons op ’n daaglikse basis deur moet navigate nie.

Mense is met reg bang en angsbevange oor hierdie verwoestende virus wat al soveel lewens kom wegruk het.

Maar met die vrees wat ons ervaar, moet daar egter gepoog word om steeds ’n mate van normaliteit te handhaaf. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan.

En hoe om jou meisie se vrese te besweer, is ook ’n perd van ’n ander kleur, want as gogga vir baba bang maak, dan maak hy big time bang. So jy sal deli­cately te werke moet gaan hier. Jy moet begrip hê vir haar concerns, maar haar ook die gerus­telling gee dat dit dalk nie so nodig is om julle basies teen enige kiem op aarde te beskerm nie.

Liewe Antie Mona

EK EN my outjie is al twee maande uitmekaar, maar ek kan net nie oor hom kom nie.

Ons het sommer oor stupid goed gestry en toe sê hy net hy is klaar met my.

Maar dit was nog nie ’n week nie, toe hoor ek hy sien iemand anders.

Ek het hom hieroor gevra, toe sê hy ek moet nie agter mense se stories aangaan nie.

Maar mense sal mos nie sulke goed opmaak nie, Antie.

Hy kan my nie ’n reguit antwoord gee oor hoekom ons nie meer saam kan wees nie. Hy bly sê ek is vol moods en hy is nie meer lus vir dit nie.

Naweke gaan dit nou gaaf met sy tjommies, maar as ek net met my vriendinne kuier, dan whats­app hy my en sê ek is alweer sleg. – Hartseer, WhatsApp

Klink vir Antie of hierdie ’n ou is wat nie weet wat hy wil hê nie.

Vir hom is sy freedom nou lekker, maar dis ’n probleem as jy ook jouself geniet.

Hierdie is een van daai ouens wat lekker kry as jy down en out by die huis sit en treur oor ’n jong wat jou nie meer wil hê nie.

Moet hom nie daai luxury gee nie, liefie. Hy het anyway ’n flou verskoning, want wie in hierdie lewe is nie soms vol moods nie?

Moenie vir jou verder worry oor of daar iemand anders in sy prentjie is nie. Feit van die saak is – dié ou het net rede gesoek om weg te kom en is baie beslis nie jou hartseer en trane werd nie. Jy het die reg om jou lewe te enjoy!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters