10 dae gelede
Girl van 20 soek ware liefde... en ’n babatjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 20 jaar oud, het geen kinders nie en geen liefde in my lewe nie.

Ek is nou al baie lank single. Ek ontmoet elke jaar ’n ou, maar dan stel hy nie regtig belang in my nie of is nie lief vir my nie.

Hy stel net belang om saam my private part te speel. Ek het dít nou al agtergekom.

Ek is ’n mooi meisie, nie lelik of iets nie, maar ek het net nie luck as dit by liefde kom nie.

My vriende het almal kinders en is gelukkig met hul boyfriends.

Dis net ek wat nooit liefde kry nie. Dit voel vir my ek gaan alleen oud word, want niemand stel belang in my nie.

Ek voel so agter as dit by my vriende en hul geluk kom.

Wat moet ek doen, Antie? Moet ek maar wag tot liefde eendag my kant toe kyk?

Ek benodig so ’n bietjie motivering. Eensame Girl, WhatsApp

Liefie, jy moet dankbaar wees dat jy nog nie met kinders opgeskeep sit nie.

Van ’n buitestander se point of view mag jy dalk dink dat jou vriende die perfekte lewens het, maar glo vir Antie, daar is niks idillies omtrent ouerskap op so ’n jong ouderdom nie.

Jy is jonk en het al die tyd in die lewe. Vir nou kan jy fokus op verder studeer om seker te maak dat jy nie eendag na ’n man hoef te kyk om vir jou kinders hul beste lewe te gee nie.

Vir liefde moet jy nie gaan soek nie, want soos jy al agtergekom het, jy wil nie net ’n ou se vroetel-meisie wees nie.

As jy gaan soek vir ’n ou, gaan jy scrap kry. Wees rustig, geniet jou lewe en vind berusting in die wete dat die regte ou op die regte tyd jou paadjie gaan kruis.

Vir nou kan jy dankbaar wees dat jy nie op jou jong ouderdom hoef te worry van winde uitvryf en die prys van melk en kimbies nie.

Antie weet dis nie lekker om nie iemand in jou lewe te hê nie, maar dis nog minder lekker om op jou ouderdom met die komplikasies van die grootmenswêreld opgeskeep te sit. Alles sal op die regte tyd vir jou gebeur.

Liewe Antie Mona

EK IS 63 en die ou met wie ek baie goeie vriende is, is 53 jaar oud.

Ek het drie groot kinders en werk steeds. Hy is ’n wewenaar met vier kinders, van wie die jongste sewe jaar oud is.

Hierdie kind gaan oral saam met sy pa en kom selfs saam as sy pa my kom visit.

Ek moet elke keer hom en die kind gaan optel as hulle wil kom kuier. Hy gee nooit petrolgeld nie.

Hy bly in Mitchells Plain en ek in Houtbaai. Hy het ook net elke twee, drie maande tyd vir my.

Ek kry niks van hom nie. Sy drie ander kinders is van drie verskillende vroue.

Hy laat my nooit toe om ’n naweek met hom te spend nie. Ons is nou al twee jaar saam, maar ek was nog net op twee geleenthede vir 20 minute by sy huis.

Ons gaan ook slegs op ’n Sondag uit en gaan altyd na my familie – nooit na sy familie nie.

Ek het nog nooit enige van sy familie ontmoet nie. Ek het my eie huis en kar.

Is ek crazy om hierdie man aan te hou? Is ek maar net ’n desperate weduwee? Weduwee, WhatsApp

Vrou, hoe klink dit dan jy is reeds vir twee jaar hierdie ou en sy jongste spruit se taxi-driver.

Wanneer hy bietjie lus is vir Houtbaai se vars seelug, dan kry hy weer gedagte van jou.

Nee, wat. As hierdie man slegs daarop uit is om jou uit te vreet en geen aanduiding gee van wat sy planne met jou is nie, sien ek nie hoekom jy verder jou tyd hoef te mors nie.

Niemand likes alleen wees nie, maar dit sê nie jy moet jou laat uitvreet deur ’n man wat so geheimsinnig oor sy lewe is nie. Hoekom hou hy jou anyway van sy fam af weg? Wat steek hy weg?

Twee jaar is darem ’n lang tyd om te wonder oor hierdie dinge.

Dis tyd dat jy hom reguit vra.

Liewe Antie Mona

EK GAAN uit met ’n meisie wat in A bly.

Antie, sy is lief vir my en ek gee haar alles.

Die probleem is, ek is ouer as sy en haar ma aanvaar my nie.

Sy sê my meisie moet vir haar ’n boyfriend van haar eie ouderdom kry.

Dit maak my baie seer. Wat moet ek doen? P van P, WhatsApp

Ongelukkig wei jy nie uit oor die ouderdomsverskil tussen jou en hierdie girlfriend van jou nie.

Van jou WhatsApp profile pic lei Antie af dat jy ’n redelike paar myle op jou klok het. Ek hoop nie jou meisie gaan nog skool nie, want dan sal hierdie ma alle reg hê om te voel soos wat sy voel.

Maar as jou meisie al volwasse is, behoort niemand julle te kan voorskryf in jul verhouding nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters