2 maande gelede
Girl los my skielik en speen nou met kollega
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n geskeide enkel­lopende dame van Kaapstad wat my twee dogters alleen grootgemaak en nooit onderhoud ontvang het nie.

Ek moet sê, ek is trots op myself tot sover.

My woorde aan hulle is altyd solank as wat ek lewe, moet hulle studeer, maar geld is my probleem.

Ek is ’n gewone werker by ’n maatskappy, maar tot vandag toe weet my kinders nie wat ek opoffer om hulle die beste te gee nie.

In die area waar ek bly, staan op elke hoek tikverkopers en die jong meisies is verskriklik en omtrent almal is werkloos.

Tot sover is my oudste dogter ’n onderwyseres, maar my jongste een het studeer met ’n beurs en goed geslaag onder omstandig­hede.

Dit is nou al twee jaar en sy het nou nog nie reggekom met ’n internship nie.

Omdat sy gretig is om te studeer en iets te maak van haar lewe, het sy nie moed verloor nie en aansoek gedoen by die universiteit en sy is aanvaar.

Die probleem is nou weens finansiële omstandighede weet ek nie hoe om vir haar te sê ek het nie geld om haar studies kontant te betaal nie.

Ek weet nie lekker hoe die beursstories werk nie, en ek dink nie sy gaan weer ’n beurs kry nie aangesien sy klaar een gehad het.

Ek het al my trots in my sak gesteek om hierdie brief te skryf en my hart is baie seer om te dink ek gaan haar nou in die steek laat ná al my opofferings al die jare.

Indien daar enige een is wat asseblief bereid is om my dogter te help, ek sal dit 100% waardeer.

Antie Mona moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie – ek soek nie kontant in my hande nie.

Iemand help net my dogter, asseblief.

Antie kan my nommer gee indien iemand my wil help.– Desperate Ma, e-pos

Vrou, vir ons kinders sal ons ons trots oor en oor in ons sak steek.

Dit is wat ouers doen. Maklik is dit nie en die kinders hoef nie te weet van al die sacrifices wat ons maak nie. Eendag as hulle groot is, behoort hulle met waardering te besef watter opofferings hul ouers gemaak het sodat hulle sukses in die lewe kan behaal.

Die meeste tersiêre instellings het beursprogramme om belowende studente by te staan.

Jy noem nie by watter universiteit jou dogter aanvaar is nie. Bel gerus die betrokke instansie se beurskantoor en hoor by hulle die proses wat gevolg moet word om vir ’n beurs in aanmerking te kom.

Dan is daar natuurlik ook die NSFAS-beursskema wat deur die regering befonds word waar julle kan aansoek doen.

Stuur vir hulle ’n e-pos na info@nsfas.org.za en vra vir meer besonderhede. Hierdie is natuurlik ’n baie stresvolle tyd vir jou, want die laaste ding wat jy as ouer wil doen, is om jou kind teleur te stel.

Maar hou moed, hou jou kop omhoog en kom ons kyk of daar lesers van hulle laat hoor wat van verdere hulp kan wees. Alle sterkte!

Liewe Antie Mona

DIS met ’n baie swaar hart dat ek aan Antie skryf.

Ek en my meisie het drie maande gelede opgebreek, maar ek weet nou nog nie hoekom nie. Daar was volgens my nie enige issues nie. Ons het lekker oor die weg gekom.

Ons was drie jaar saam en uit die bloute sê sy sy het tyd nodig om oor die future te dink.

Nie lank daarna nie, het sy vir my ’n WhatsApp gestuur en gesê dis verby tussen ons. Antie, sy ignore my oproepe en blue tick net my boodskappe.

Ek het by vriende gehoor sy en ’n kollega van haar is nou meer as net colleagues. Ek het haar hieroor uitgevra, maar sy ignore my.

Wat staan my te doen? Sy was my droomvrou. – H van G, Whats­App

Dit wil voorkom asof die space wat sy kamma-likes gekort het, nodig was om space vir iemand anders te skep. Sy kon ten minste die decency gehad het om eerlik met jou hieroor te wees.

Ongelukkig hou nie alle verhoudings en huwelike nie. Dit is egter nie die einde van die wêreld nie en hoe moeilik dit nou ook al lyk, jy sál aanbeweeg.

Jy sál iemand kry wat jou nie sonder enige verduideliking soos ’n warm patat sal drop nie. Met tyd sal jy ook besef dat dié meisie nie jou liefde werd was nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters