11 dae gelede
Girl chat nog al aan met haar eks-outjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK GLO dat dit belangrik is om vir mense te vertel dat daar altyd ’n beter môre is.

Daar is soveel negatiwiteit in die wêreld en ’n mens sukkel maar om positief te bly.

Só het dit ook jare swaar gegaan met my. Geen van my planne het ooit uitgewerk nie.

Ek het so mismoedig geraak dat ek verval het in dwelms en met slegte vriende deurmekaargeraak het.

Antie, die dwelms het my na plekke toe gevat – ál die verkeerde plekke in die lewe.

Ek het begin steel, meestal van familie, want hulle gaan maak mos nie sommer ’n saak teen jou nie.

Ek het almal rondom my teleurgestel en wanneer hulle hul waaksaamheid verslap het, het ek hulle besteel.

Dit was toe ek op my laagste was dat ek my wonderlike vrou ontmoet het.

Sy het deur al die lae van selfverwoesting gekyk en die goeie mens in my raakgesien.

Weet Antie hoe ’n weird gevoel dit is as ander die goed in jou raaksien wat jy nie eens weet bestaan nie?

Dit het my aangespoor om ’n beter mens te wees. Dié jaar is ek en die wonderlike vrou 7 jaar getroud en het ’n oulike baba. Ek het ook ’n goeie werk gekry. Die lewe is steeds swaar, maar soveel lekkerder om vorentoe te beur met iemand vir wie jy lief is aan jou sy.

Ek wil families met druggies aanmoedig om nooit op te hou die goeie in die verslaafdes te sien nie. Remind hulle ook gereeld hiervan. Motiveer hulle sodat hulle anders na hulself en die lewe kan kyk.

Niemand is nooit te sleg om goed te word nie. – Survivor, E-pos

En dit is so waar, weet jy: Daar skuil meer goed as sleg in ons almal.

Dwelms is seker een van die grootste uitdagings in families en saai soveel onmin en verwoesting.

Dis hoekom Antie so hou van stories soos joune. Dis ’n testimony vir almal daar buite dat dit nie net winter in jou lewe kan bly nie.

Met vasbyt en geloof, baie bid en deursettingsvermoë kan ál die obstacles van die lewe klein gemaak word.

Alle sukses op jou pad vorentoe en baie dankie vir jou inspirerende brief.

Antie glo dat dit iemand gaan inspire om sy/haar lewe te verander.

Liewe Antie Mona

DIE meisie wat ek nou het, het eers met ’n tjommie van my uitgegaan.

Hulle was 3 jaar saam en het ’n kind saam.

Ons worry maar nou 6 maande met mekaar, maar daar is goete wat my baie pla. Hulle bly chat.

Sy sê dis oor die kind, maar die way hoe sy smile as sy op haar phone besig is, gee my ander gedagtes.

So twee weke gelede was ons by ’n paartie waar hy ook was.

Toe verdwyn hulle twee ’n hele tyd lank. Agterna sê sy hulle het oor die kind gesels. Maar weg van almal? Ek het dan gesoek en gekyk, maar het haar nêrens gesien nie.

Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar ek dink nie sy is honest met my nie. TJ van die B

Die kind is die band wat hulle altyd sal bind.

Antie weet nie hoe oud die baby is nie, maar hulle sal nog vir jare moet gesels wat die kind concern, of hulle nou wil of nie.

Aan die ander kant kan jy ook nie blameer word as jy wonder of daar nie dalk meer agter dié geselsies steek nie. Hoekom dan verdwyn om oor die kind te gesels? En dit op ’n partytjie?

Nee wat, iets klink nie lekker hier nie en Antie wil nie onnodige klippe in ’n bos gooi nie, maar jy sal op jou hoede moet bly.

Daar is altyd die possibility dat hulle agter jou rug opgemaak het en waar jy jou tjommie se meisie afgevry het, die tjommie dalk nou dieselfde gedoen het.

Dit lyk nie asof een van hulle oop kaarte met jou gaan speel nie, so jy sal maar so discrete as moontlik speurwerk moet doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters