22 dae gelede
Geskeide vroutjie soek net weer bietjie liefde
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 63-jarige vrou wat nog jonk van gees is.

Antie, ek is al 17 jaar lank geskei omdat my man abusive was.

Nou wonder ek hoekom ek nie weer liefde kan vind nie.

Ek het een seun wat al getroud is en ek bly alleen. Dis nogal eensaam.

Ek wil graag weer gelukkig wees.

Ek soek nie geld nie, net geluk.

Wat is fout met my? – Eensaam, WhatsApp

Vrou, jy hoef glad nie die “fout” by jouself te soek nie, want daar skort niks met jou nie.

Al wat dit beteken, is dat die regte man nog nie jou pad gekruis het nie. Maar dat hy sterk op pad is, twyfel Antie nie vir ’n oomblik nie.

Dit is dalk op die oomblik nie lekker om alleen te wees nie, maar troos jou daaraan dat jy nie met ’n ander man se issues opgeskeep hoef te sit nie.

Hou jouself besig, gaan so ’n bietjie uit en verkeer sosiaal met jou vriende.

Wie weet, dalk loop jy Mr. Right op dié manier raak. Hy gaan nie uitsteek as jy net by die huis sit nie.

Geniet jou lewe sodat die liefde jou sommer lekker kan surprise.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters