Liewe Antie Mona
EK WAS 28 jaar getroud, maar ek is nou al 7 jaar geskei.
Antie,
ek was bevriend met iemand wat in die gevangenis was. Ek het alles vir
hierdie man gedoen: hof toe gegaan, by sy familie gaan kuier ...
Hy het my ’n klomp goed belowe en gesê hy wil saam met my ’n lewe bou.
Maar toe hy uitkom, toe worry hy nie meer van my nie.
Hierdie man het vir my gesê hy gaan nie meer tik nie, maar nou doen hy alles wat mal is.
Ek het vier en ’n half jaar van my lewe gemors.
Ek het my lewe vir hom opgeoffer en vir hom gewag.– Teleurgesteld, WhatsApp
Ongelukkig is daar nooit enige waarborge in die lewe nie.
Hierdie ou het vir jou gelieg sodat jy sekere dinge vir hom kon doen.
Hoe sleg jy ook al voel, troos jou daaraan dat jy nie met hierdie liegbek loop staan en trou het nie.
Bly
in die vervolg maar weg van mans wat jou die maan en sterre beloof,
maar dan het hulle nie eens ’n five bob in hul sakke nie.
Die regte een sal op die regte tyd kom.