2 maande gelede
‘Gelowige’ familie sit en beskinder my net
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 30 jaar oud en het twee kinders.

My oudste kind se pa is oorlede, toe ontmoet ek my tweede kind se pa. Ek het toe ingetrek by hom en sy ouers toe my dogtertjie gebore is. Ná daai, Antie, het die ou my begin abuse.

Toe trek ek terug huis toe. Hy het apologise en ek het teruggetrek na sy huis toe, but Antie, die ou hou van wyn en hy hou daarvan om hom dronk te drink.

Eendag het hy in ’n voorval beland. Nou sit hy in die tronk. Hy doen tans sy straf, but die eintlike rede hoekom ek Antie se advice nodig het, is oor die feit dat die ou baie disrespectful is teenoor my.

Hy sê vir my die slegste woorde, Antie, en ek voel nou raadop. Ek voel ek kan nie meer só aangaan nie en wil graag Antie se opinie hê oor my verhouding. – Anoniem, E-pos

Liefie, hierdie behoort eintlik ’n baie maklike situasie vir jou te wees.

’n Man wat jou abuse en sonder respek behandel, verdien nie jou liefde nie. Hy gaan nie sy dinge laat staan nie. Elke keer gaan hy jou en jou gevoelens deur sy naat trek, sorry sê en dan vergewe jy hom maar net weer. Net sodat hy later weer hierdie dieremaniere van hom ten toon kan stel.

Jy sien mos nou dat selfs die tronk hom nie tot ander insigte bring nie.

Maybe is hy frustrated oor sy huidige situasie, who knows? Dit gee hom egter nie die reg om dit op jou uit te haal nie, want waar hy tans sit, is deur sy eie toedoen.

Heeltemal ontslae sal jy nie van hom raak nie, want daar is ’n kind in die verhaal wat hom deel van jul lewe sal maak.

Maar dit beteken nie julle moet ’n lewe met hom deel nie.

Dan kan hy maar net ’n sperm donor bly wat sy responsibilities moet nakom.

Dit is vir jou en jou kids se beswil dat daar stabiliteit in jul lewe moet wees. Om so heen en weer in ’n abusive verhouding te gaan, beteken julle beweeg nie vorentoe nie.

Hierdie is ’n man wat jou so gaan verrinneweer dat g’n ander man eendag na jou sal wil kyk nie.

So, kry jou uit dié verhouding en begin fokus op die geluk wat jy en die kinders verdien.

Liewe Antie Mona

HOE maak ’n mens met familie wat snaaks is met jou?

En dan is hulle kastig gelowig. Al die stories wat hulle praat, kom by my uit. Maar ek moet maar stilbly om die vrede te bewaar. Het Antie dalk raad vir my? – R van S, WhatsApp

Vrou, daar is mense in die lewe wat tyd het vir alles behalwe hul eie probleme.

Hulle skinder agter jou rug, steek jou in die rug, maar wil in jou gesig smile met daai valstande wat hulle op special gekoop het.

Die lewe sal makliker wees sonder dié agteraf backstabbers, maar so maklik sal die lewe ook mos nie wil saamspeel nie.

Ja, jy kan jou mond hou om die vrede te bewaar, maar jy hoef nie hul geselskap te entertain nie.

Jy hoef nie tyd saam met hulle deur te bring of selfs moeite te doen om dinge makliker te maak vir hulle nie.

Die lewe is kort. Covid-19 het ons op die harde manier herinner aan hoe vinnig ons van dié aardbol af kan verdwyn.

En omdat tyd so kosbaar is, moet ons suinig wees oor met wie ons dit spend. Moet jou nie verder worry oor die stories wat hulle so sappig oor jou versprei en hul gekonkel nie. Begin fokus op die mense en dinge in jou lewe wat baie meer saak maak as valse bekverkopers wat nie met die realiteite van hul eie lewens wil deal nie.

Liewe Antie Mona

MY MAN het ’n PIN op sy phone en is baie heilig oor die ding.

Ek het hom al gevra wat steek hy weg, maar hy sê net hy beskerm sy privaatheid.

Wat dink Antie hiervan? – Ontevrede, WhatsApp

Beskerm sy privaatheid? Om sy privates met wie te deel?

Nee, vrou, vertroulike inligting soos banking apps en so aantes mag dalk beskerming van ander mense geniet, maar jy wat sy vrou is, is nie ander mense nie.

Wat gaan hy maak as jy sê jou koekienana is ook jou privaatheid? Hier skuil meer agter sy flou verskoning. Tjek hom uit en maak seker daar krap nie ’n ander hen in jou hoenderhok rond nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters